Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skudding ‘g’n bedreiging’

In die vroeë oggendure van Dinsdag 17 November, omstreeks 00:27, is ’n geringe aardbewing van sowat 3,5 op die Richterskaal in die oseaan sowat 40 km die see in aan die Weskus en Saldanhabaai gevoel.

Na afloop van die skudding is ’n paar klein naskokke in verskillende Wes-Kaapse dorpe soos die Paarl, Wellington, Moorreesburg en Malmesbury gevoel. Dit het behoorlik op sosiale media gegons soos mense vertel van die gebeurtenis wat hulle laat regop sit het.

Daar was egter geen skade aan infrastruktuur nie en geen tsoenami-waarskuwing is gegee nie.

Hierdie inligting is verskaf deur ’n verslag van die Raad vir Geowetenskap (CGS).

Die minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelings­beplanning, Anton Bredell, sê die seismiese aktiwiteit is geen rede tot paniek nie.

“Die situasie word fyn dopgehou en daar is geen bedreiging vir die openbare veiligheid nie.”

Bredell sê die Wes-Kaapse rampbestuursentrum is in kontak met die CGS, die nasionale rampbestuursentrum sowel as alle belangrike belanghebbendes wat die situasie gesamentlik monitor.

“Daarbenewens is die Wes-Kaapse provinsiale rampbestuursentrum sowel as die stad Kaapstad se rampsentrum steeds vir Covid-19 geaktiveer en is hulle gereed vir enige ramp.”. In the early morning of Tuesday 17 November, around 00:27, a 3,4 magnitude earthquake was felt in the ocean about 40 km into the sea on the West Coast of Saldanha Bay.

After the event, some small aftershocks were felt in various Western Cape towns such as Paarl, Wellington, Moorreesburg and Malmesbury.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.