Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Snoepies kou nou taai toffie

PAARL – Snoepies by skole het die jare gegroei van net tjips en lekkers verkoop, na ’n plek waar wegneemetes ook vinnig vir leerders beskikbaar is.

Behalwe skoolfonds en jaarlikse geldinsamelings is een van die maniere hoe skole geld insamel hul snoepies en kafees op skoolterreine asook by sportgeleenthede.

Ongelukkig met die Covid-19-pandemie en inperking wat skielik toegesak het, het dit baie snoepies ’n lelike knou gegee en gaan dit ’n ruk neem om van dié krisis te herstel.

Die bekende klein innoverende onderneming #BeHuman Kraggies is bekend vir die dienste wat hy aan skole en sakeondernemings as ’n mobiele koffie- en kosverskaffer lewer.

Een van die skole wat bekend is vir sy spoggerige kafee, is Laerskool Gimnasium. Leerders kan by dié skool se Chevé-sportterrein nie net ietsie kry om hul magies te vul nie, maar hulle kan ook rustig langs die veld sit en eet.

Andries Human, eienaar van #BeHuman Kraggies, vertel dinge lyk op die oomblik glad nie rooskleurig vir sy onderneming nie en hulle is erg deur die inperking geraak. Hy is tans in gesprek met sy personeel in verband met afleggings.

“Die inperking het ’n groot uitwerking op ons gehad omdat ons eintlik geld maak uit die sportdae en -oefeninge in die middae, wat beteken noudat skolesport afgestel is ons 80% van ons jaar se omset verloor.”

Human bestuur tans agt mobiele koffiewinkels. Dit sluit in die winkels by die Hoër Meisieskool Paarl, Brugstraat-sportterrein, die Hoër Meisieskool La Rochelle en Hoër Jongenskool Paarl.

Hoewel hulle in vlak 4 begin het om kosaflewerings te doen, meen Human as sy onderneming oorleef, dit hulle tussen drie tot vyf jaar sal neem om te herstel.. With the Covid-19-pandemic and sudden lockdown, among many of the businesses that have taken a major blow are those who run cafés at schools and sporting events. Andries Human, owner of #BeHuman Kraggies, explains how his business has been affected.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.