Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
So hittete of kelnerin was duisende ryker

’n Kelnerin by ’n kroeg en onthaalsentrum in Paarl-Noord het die afgelope naweek gedink die gode het vir haar geglimlag toe sy in een skof genoeg geld vir Kersfees én haar verjaarsdag gekry het.

Die jong vrou van Wellington, wat nie haar naam bekendgemaak wil hê nie, het Saterdagaand die grootste fooitjie van haar lewe ontvang by Breezy Hill waar sy al vir drie jaar werk.

’n Man, wat sy nog nooit voorheen gesien het nie en wat Saterdagaand saam met vriende daar gekuier het, het aan die einde van die aand vir die 23-jarige kelnerin sy kredietkaart gegee en ’n fooitjie van R19 621 op sy rekening van R379 betaal.

Die kelnerin sê die man wou eers vir haar ’n fooitjie van R1 miljoen gee toe sy kroegrekening Sondagoggend kort voor 03:00 gefinaliseer is.

Hy het egter ’n totale bedrag van R20 000 met sy kredietkaart betaal, hoewel sy rekening net R379 vir drankies beloop het.

Die gort was egter later die oggend behoorlik gaar toe die man se vrou van die fooitjie uitvind. Sy het Breezy Hill gebel en die geld teruggeëis omdat hulle dit nodig het.

Die bestuur van Breezy Hill kon wel die geld terugbetaal, aangesien hulle toe nog nie die kelnerin haar groot hap van die koek gegee het nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.