Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Speurders staak oor oortyd

Daar is nog geen aanduiding wanneer die voortslepende staking van speurders in die Wynland Kluster tot ’n einde gaan kom nie.

Speurders van Paarl, Paarl-Oos en Wellington het begin staak omdat hulle nie vergoed word vir oortyd oor naweke nie.

Volgens ’n betroubare bron word speurders van Mbekweni-polisiekantoor wel vergoed as hulle oor naweke werk.

Die bron vertel: “Wanneer ons speurders oor naweke werk en ons rusdae wil neem, kan ons dikwels dit nie doen nie. Ons moet dikwels op ons af dae in die hof wees vir ’n verdagte se saak en dan val jou rusdag weg. Ons as polisie is hier om die gemeenskap te beskerm, maar ons moet ook vergoed word vir ons harde werk.”

Boonop kla die bron ook oor die tekort aan polisievoertuie by polisiekantore.

Die staking duur al drie weke.

Intussen wil dit voorkom asof speurders by die Paarl-Oos-kantoor geviktimiseer word.

“Wanneer ons die ekstra myl loop en die gemeenskap ná 16:00 steeds help, word ons geboelie om die voertuie terug te bring.”

Kapt. Diana Linee, woordvoerder van Paarl-Oos-polisiekantoor, het op navrae geantwoord: “Ons lede was nooit op ’n staking nie, maar het nog altyd hul ure vol gewerk. Die bestuur is tans besig om ’n oplossing te vind vir die oortyd vergoeding.”

* Some dissatisfied police detectives refuse to work on weekends, due to not being rewarded for overtime.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.