Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sportwinkel sluitingstyd van R42 000 beroof

’n Bekende sportgeriewe-winkel in Lady-Greystraat is Sondag van R42 000 beroof.

Kapt. Louise du Plessis, woordvoerder van die Paarl-polisie, verduidelik drie ongewapende verdagtes het die winkel omstreeks 12:55 ingestorm nadat die laaste klante die winkel kort voor sluitingstyd verlaat het.

Een van die verdagtes het glo die deur agter hom toegemaak.

“Die verdagtes het die winkel se assistent gekonfronteer en toegang tot die kluis vereis,” vertel du Plessis.

Die verdagtes het kort daarna te voet van die toneel af gevlug.

Die Paarl-polisie ondersoek ’n saak van roof.

Du Plessis vra dat enigeen met inligting die Paarl-polisie by 079 894 1706 moet skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.