Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sprankelkind vir altyd onthou

’n Vierjarige seuntjie van Klapmuts is Maandag dood nadat hy tien dae gelede erge brandwonde opgedoen het.

’n Ketel met kookwater het Sondag 28 April op klein Dawson Noah Williams geval. Hy het ernstige brandwonde reg oor sy lyfie opgedoen en is dadelik na die Mediclinic Paarl geneem waar hy geopereer is. Hoewel hy hierna goed gevorder het, het komplikasies ingetree en is hy Sondag per helikopter na die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad vervoer.

Hy is egter Maandag daar oorlede.

Byna 1 000 boodskappe van ondersteuning en medelye het op Facebook vir klein Dawson en sy familie uitgegaan waarvan baie die mooi jong seun as sprankelend beskryf.

Sy familie is nog besig om reëlings vir sy roudiens te tref en het by monde van ’n familievriend met Paarl Post gepraat.

“Geen verdere inligting is nog beskikbaar nie. Die familie sal hul privaatheid in hierdie tyd van rou waardeer.”

Dawson se ouers, Nadia en Malcolm, het wel die volgende oor hul seuntjie te sê gehad: “Hy het ’n sprankelende persoonlikheid gehad; ’n glimlag wat skrik vir niks – ’n glimlag wat enige persoon se gemoed kon ophelder. Hy was verskriklik versot op superhelde soos Transformers se Optimus Prime en Captain America van Marvel.

“Maar, hy was miskien baie mal oor hulle, maar sy gunsteling-superheld was Jesus. Ons as familie berus onsself nou daarin dat hy nou uiteindelik sy Superhero ontmoet het en die res van sy bestaan met sy Superhero kan deurbring.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.