Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Staaltjies van Boishaai in boekvorm saamgevat

Hoër Jongenskool Paarl kan terugkyk op ’n kleur- en roemryke 2018 met sy 150ste bestaansjaarvieringe.

Verskeie hoogtepunte kan beklemtoon word, soos die formele bal vir 1 500 mense wat op die skoolterrein gehou is – ’n glansgeleentheid wat die Paarl nog nie voorheen beleef het nie. Ook het Hoër Jongenskool die eerste World Schools Festival aangebied wat as ’n rugbywêreldbeker vir skole beskryf kan word met toprugbyskole van oor die wêreld wat kragte gemeet het op Brugstraat.

Boishaai het boonop in ’n naelbyt­stryd die legendariese interskole­kragmeting teen die Hoërskool Gimnasium Paarl gewen. Dit was nou sy vierde agtereenvolgende jaar dat hy as wenner uit die stryd tree.

Aan die einde van hierdie besonderse jaar vir Boishaai het die Paarl Boys se skoolhoof, Derek Swart, ’n boek, Hartkamers, geskryf waarin heerlike staaltjies uit Swart se studentejare asook sy onderwysloopbaan vertel word.

Paarl Post het vir hom ’n paar vrae oor die boek gevra:

.Vertel ’n bietjie meer oor die inhoud van Hartkamers en waarna die leser kan uitsien?

Die inhoud is maar stories van my lewe wat deur die jare so in my siel kom nesmaak het asook ’n klompie Boishaai-stories. Ek dink al die stories is lekker. Dis gemaklike leesstof vir iemand wat dié vakansie lus is om net rond te lê en te ontspan. My persoonlike gunsteling­storie is die storie van die vaskopstut met die vinnige humeur wat ek by geleentheid afgerig het. Ek onthou soos gister nog daai eerste dag toe hy op die veld draf . . . maar lesers moet maar self gaan kyk wat toe gebeur het.

.Ná 12 jaar as skoolhoof van hierdie roemryke skool, hoe het die skool jou lewe beïnvloed?

Nou ná 12 jaar by die HJS – uiteindelik by die punt waar die “Old Boys” my nou nie meer voorstel as “Boishaai se nuwe hoof nie”.

HJS is meer as net ’n skool – dis ’n lewensuitkyk en gepaardgaande lewenswyse. My opdrag van die beheerliggaam wat my aangestel het, was: “Mnr. Swart, jy moet Boishaai na die volgende vlak neem.” Ek was destyds te bang om te vra wat dit beteken! Maar as ek terugkyk na die afgelope jare se ontwikkeling en die groot aantal “eerste” prestasies en sommer die strukture en algemene wyses van doen, dink ek tog ons kon daarin slaag om die ou skool van ons van “good” na “great” te neem.

.Wat was die inspirasie vir die skryf van die boek?

Dis meesal artikels en stories wat deur die jare in die Boishaai Blitz, die HJS se weeklikse elektroniese nuusbrief, verskyn het. Verskeie mense het my aangespoor om dit in boekvorm uit te gee en nou is hy daar.

Ek verwys na verskeie oudonderwysers in die boek, soos my groot mentor, mnr. Wentzel Coetzer, oudkollegas soos Girt Geldenhuys, en daar is ’n lekker storie wat Corné Krige my vertel het asook verskeie meer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.