SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Stadion se dae dalk getel

Boland-stadion se toekoms is in die weegskaal.

Die tuiste van die Boland-Kavaliers in Wellington word tans geteiken deur ontwikke­laars en die verkoop van die stadion mag tot die redding van die rugbyunie lei.

Die Boland-rugbyunie vind homself tans in ’n finansiële verknorsing omdat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) in 2017 die kleiner unies se begroting met meer as 50% gesny het.

Dus moet die Boland-rugbyunie sekere opsies oorweeg om sy kontantvloei te verbeter.

Die president van Boland-rugbyunie, Ivan Pekeur, het hierdie week die finansiële penarie waarin sy unie hom bevind aan Netwerk24 bekend gemaak.

“Ons sou êrens in die seisoen in die moeilikheid gewees het. Ons oorweeg tans om ons grootste bate, ons stadion (die Boland-stadion in Wellington), te verkoop in ’n poging om aan die lewe te bly.”

“Ons het nie kontantvloei nie en intussen laai Saru net meer verantwoorde­likhede op ons,” het Pekeur gesê.

’n Gebrek aan geld het beteken die Luiperds-rugbyunie moes vroeër vanjaar sy stadion, Olënpark, in Potchefstroom ook verkoop.

“Manne in die topstrukture belieg die unies. Mark Alexander (president van Saru) het gesê hy het ’n plan vir die klein unies. Dit is mos liegstories,” sê hy.

Pekeur noem die Boland-rugbyunie het nie geld van Saru gekry om in Junie na Kimberley te reis om aan die kwarteindronde van die Super Sport-uitdaagreeks deel te neem nie.

Die Boland-Kavaliers het met 22-51 teen die Griekwas vasgeval.

“Ek het vir Saru geskryf en gevra om ons te help om die koste te verhaal, maar nooit iets van hom gehoor nie,” sê Pekeur.

Die Boland-rugbyunie het verlede week ook aan die nasionale kompetisie vir o.20-spanne onttrek en volgens Pekeur het Saru toe die eerste keer van hom laat hoor.

“Jurie (Roux, uitvoerende hoof van Saru) het Donderdag laat weet dat hy met SuperSport sal vergader om te kyk of ons die geld vir die reis na Kimberley kan terugkry,” het Pekeur gesê.

Volgens Pekeur beteken die unie se finansiële situasie dat Boland se senior span dalk ook nie al sy verpligtinge in die toekoms kan nakom nie.

“Ons ander spanne word ook bedreig; ek weet nie hoe lank ons dit sal kan volhou nie. As Saru dink rugby kan sonder die klein unies oorleef, maak hy ’n fout,” eindig Pekeur.

. ’n Groot boumaatskappy van die Paarl staan eerste in die ry en klop aan Boland-rugbyunie se deur om die stadion te koop vir ontwikkeling. Die stadion staan in die hartjie van Wellington se woongebied en is etlike miljoene rand werd.

Die vrae wat egter ontstaan onder betrokkenes by Boland-rugbyunie is of die bestuur alleen hierdie besluit kan neem om die stadion te verkoop aangesien die stadion ook behoort aan alle klubs verbonde aan Boland-rugbyunie. Ook, moet die stadion se verkoop nie op tender uitgesit word nie?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.