Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Staking op die nipper afgeweer

DE DOORNS – Personeellede van die De Doorns-kliniek het Donderdag 18 Junie sterk reageer en met ’n staking gedreig nadat twee personeellede positief vir Covid-19 getoets is en die bestuur na bewering nie die regte prosedures gevolg het nie.

Die staking is egter ná deeglike gesprekke met die werknemers afgeweer.

’n Boodskap het Donderdag op WhatsApp die ronde gedoen waarin dit gestel is dat personeellede van dié kliniek sal staak omdat hulle voel hul veiligheid is in gedrang.

“De Doorns-kliniek is in chaos. Personeellede is positief vir Covid-19 getoets. Werksaamhede gaan aan soos normaal en niks word aan die situasie gedoen nie. Personeel van die kliniek gaan Vrydag (19 Junie) staak oor die omstandighede waarin hulle moet werk,” het die boodskap gelui.

’n Werknemer van die kliniek, wat met Standard gepraat en gevra het haar naam moet nie genoem word nie, het gesê sy ondersteun nie die beroep op ’n staking nie en het ook nie saamgestem met die redes nie. “Dit is duidelik dat die kliniek eers die regte inligting moet ontvang voordat almal op hol gejaag en standpunt ingeneem word. Die bestuur het met ons kommunikeer en die maatreëls is ingestel. Mense gaan op hol oor niks. Ek voel soms veiliger by die werk as wat ek in my gemeenskap voel as ek winkel toe te gaan,” het sy aan Standard gesê.

Die staking het toe nie gebeur nie en werksaamhede duur voort.

Leensie Streicher-Lötter, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, het aan Standard gesê alle protokol is ingestel en veiligheid geniet die grootste voorkeur by veral klinieke en hospitale.

“Ons is bewus van die situasie by die De Doorns-kliniek. Een werknemer het Saterdag (13 Junie) bevestiging van ’n positiewe Covid-19-uitslag gekry en die kliniek is Maandag 15 Junie deur ’n eksterne kontrakteur ontsmet. ’n Tweede werknemer het Woensdag 17 Junie simptome getoon en is huis toe gestuur. Die kliniek is weer eens ontsmet voordat ’n positiewe resultaat nog bekend was. Kliniekdienste het Vrydag 19 Junie sonder enige voorvalle van stakings, soos in die boodskap beweer, voortgegaan. Die kliniekbestuur het met kennisname van die bevestigde en moontlike positiewe gevalle van Covid-19 volgens die departement se beleid opgetree en al twee werknemers is tans in afsondering.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.