Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Studente keer saam met lente terug na kampusse

Sowat 66% van die land se studente het in die begin van September onder vlak 2 van die inperking teruggekeer universiteite en kolleges toe, terwyl die res moet wag totdat vlak 1 ingestel word.

Studente wat voorkeur geniet om weer op kampusse aan te meld, is diegene wat laboratorium- en tegniese toerusting benodig om die akademiese jaar te voltooi, werkplek-gebaseerde ervaring moet opdoen en alle eerstejaarstudente wat aan ’n voorgraadse program werk.

Die res van die studente sal voortgaan om lesse te ontvang en geassesseer te word deur middel van die universiteit of kollege se platforms wat tydens inperking gebruik word totdat alle studente weer op hul kampusse mag aanmeld.

Dr. Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys, sê hy het reeds op 8 Junie in die staatskoerant aanwysings ingevolge die Wet op Rampbestuur aangekondig rakende die terugkeer van openbare en private hoëronderwysinstellings.

Die aanwysings is deel van die risiko-aangepaste strategie vir ’n ingefaseerde terugkeer van vlak 3 van die inperking.

Universiteite en kolleges gaan heel waarskynlik eers laat in Maart aanstaande jaar open, aangesien matrikulante eers einde Februarie hul uitslae sal kry.

“Ons fokus op alle instellings om die akademiese jaar teen die einde van Februarie 2021 te voltooi, met die aanvangsdatums vir die nuwe akademiese jaar wat van 15 Maart tot 15 April 2021 wissel,” sê Nzimande.

Intussen is die jaarlikse Plett Rage-fees vir matrikulante om afskeid van hul hoërskooljare te neem, nie gekanselleer nie, maar uitgestel.

Duisende jongmense woon elke jaar die fees, waar uiteenlopende vermaak beskikbaar is, by. Die 2020-saamtrek sal nou van 29 Januarie tot 6 Februarie plaasvind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.