Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Swemmers’ besoedel Du Toitskloofpas

Du Toitskloofpas is al jare lank ’n roete om op trots te wees en een van die mooiste bergpasse in die land, meen talle. Maar die pas word deesdae eerder met hope vullis besoedel weens ’n bekende watergat in die haarnaalddraai.

’n Inwoner van ’n landgoed in die pas, wat weens sy werk nie sy naam genoem wil hê nie, sê van die rommel is intussen verwyder. Hy sê dit gaan nie die besoedelaars laat ophou nie.

Vir sowat 2 km langs die haarnaalddraai lê goed soos gebreekte drankbottels, sanitêre artikels, kitskosverpakkings, skoene, klere en sigaretboksies en -stompies.

Hy sê mense swem in ’n watergat in die rivier by die draai wat bekend staan as Lekkerwater en hulle is onverantwoordelik met hul rommel.

“Enigiemand kan verstaan dat mense in dié hitte wil swem, maar die vullis moet saamgaan huis toe. Ek dink dit is maar ’n opvoedingstaak. Mense moet bewus gemaak word dat die besoedeling nie aanvaarbaar is nie,” voer hy aan.

Deon Rossouw, ’n reservaatbestuurder van Cape Nature, sê sulke probleme in Du Toitskloofpas moet nou aangespreek word om die gebied te beskerm. Hy sê menige kerke en spirituele groepe voer rituele uit in die berge wat die pas omring.

“Van die rituele verg vuur en dan raak die brand buite beheer,” sê hy.

Rossouw sê ook mense verbrand rommel in die omgewing, wat ook tot geweldige brande kan lei.

Hy sê die brande versprei teen ’n geweldige spoed omdat sterk wind deur die kranse van die berge waai. Volgens Rossouw patrolleer Cape Nature nou elke Saterdag die pas. Dit word ook gedoen omdat mense die olienhoutbome afkap vir vuurmaakhout. Hy sê baie mense dink dit is Black Wattle, wat ’n indringerplant is, maar hulle beskadig eintlik die olienhoutplante wat inheems is.

*Du Toitskloof Pass is being buried under garbage caused amongst others by people who swim in a waterhole in the area. A resident says the area should be available to everyone but requests the community to be responsible with their waste. Cape Nature also warns the community to not light fires in the pass.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.