Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Talle dakloos ná verwoede brand

Tragedie het inwoners van Amstelhof in die gesig gestaar toe ’n brand Vrydagoggend kort voor 08:00 in Janfiskaalstraat uitgebreek het.

Volgens Dereck Peceur, die assistentbrandweerhoof van Paarl se brandweer, is vyf strukture en ses gesinne deur die brand geraak.

Altesaam 24 mense word deur die brand geraak en het van hul besittings verloor. Die oorsaak van die brand is volgens Peceur nog nie vasgestel nie.

Leonie Philander se kleinkinders het in ’n wendyhuis in die agterplaas van haar ouerhuis geslaap. Hulle is almal betyds gered maar die wendyhuis het heeltemal uitgebrand, vertel Philander, wat histeries was en baie gehuil het.

“Die honde het geblaf en toe ons uitkom, sien ek die brand. Dit was hartseer om te sien, terwyl ons weet ons kon niks doen nie,” het sy gesê.

Philander is in Amstelhof gebore waar sy al langer as 20 jaar woon.

Dit was vir haar ’n verligting om te sien hoe die gemeenskap tot hul redding gekom en hulle bystaan.

Gerald Esau van Drakenstein-munisipaliteit het bevestig dat hulle bewus is van die voorval en gesê mense wat deur die brand geraak is, word deur hul families gehuisves.

“Die munisipaliteit het die gebrande materiaal verwyder.”• Enigiemand wat huisraad en klere aan die gesinne wil skenk, kan dit na Paarl se brandweer in Bergrivier Boulevard bring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.