SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Tammy-Anne se pa tronk toe

Tammy-Anne Fortuin, oorspronklik van Paarl, was die enigste lid van ’n beslote korporasie (BK) wat haar pa en broer gebruik het om bedrog te pleeg.

Dié aktrise, voormalige eerste prinses gekroon by die Mej. Suid-Afrika-kompetisie in 2002 en aanbieder van die kosprogram Roer! was egter heeltemal onbewus van die onwettighede wat in haar naam gepleeg is.

Luidens ’n berig op Netwerk24 het haar pa, Thomas (66), en broer Tom-Ross boonop ook BK’s in die name van haar ma, Anthea, en haar suster, Candace, gebruik vir hul bedrog. Hulle is verlede week ingevolge ’n pleitooreenkoms skuldig bevind op meer as 400 aanklagte van bedrog, die vervalsing van dokumente en die versuim om belastingopgawes in te dien.

Die bedrog is tussen 2008 en 2011 gepleeg. Thomas is tot ses jaar tronkstraf gevonnis, waarvan drie opgeskort is. Tom-Ross is tot 18 maande korrektiewe toesig gevonnis, wat huisarres en gemeenskapsdiens insluit. Twee vonnisse van direkte tronkstraf van vier en een jaar is in geheel opgeskort.

Die Fortuins se boekhouer, Ivor Carolissen (van Franschhoek), is tot vier jaar tronkstraf gevonnis wat in geheel opgeskort is. Die drie mans het vervalste fakture ingedien vir “aankope” by ’n drankwinkel en ’n maatskappy wat toerusting vir spyseniering verskaf ten einde BTW-terugbetalings te eis.

Eric Ntabazalila, ’n woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê ondersoekers van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die NVG se belastingeenheid het ’n “web van leuens” blootgelê.

Hy sê nadat die bedrogspul ontdek is, het die beskuldigdes nóg vals dokumente ingedien om te probeer om geld te kry. Thomas, ’n bekende in die Boland, meer spesifiek Paarl, wat by talle liefdadigheids-, sport- en skoolprojekte betrokke was, het volgens sy pleitooreenkoms die bedrog gepleeg nadat hy in finansiële moeilikheid beland het.

Hy het vir die hof gesê hy is bitter spyt oor wat gebeur het. Ná vonnisoplegging het hy in die beskuldigdebank sy das afgehaal, dit vir sy seun langs hom gegee en kop onderstebo na die selle gestap. Netwerk 24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.