Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tatoeëerkunstenaar se moordsaak tot 2019 uitgestel

Die moordsaak van die gewilde tatoeëerkunstenaar Dane Frolicks (24), oftewel Dane Tatts, het Maandag (26 November) in die Paarl-streekhof voorgekom.

Die saak is egter uitgestel – dié keer tot 22 Februarie 2019.

Twee moordverdagtes, D’Hanowich Liebenberg en Dylan Lackay, het Frolicks glo die aand van 4 November 2014 voor sy huis in Charleston Hill koelbloedig doodgeskiet. Hy is op ’n kort afstand vier keer in die kop geskiet.

Die rede vir wat beskryf word as die “sluipmoord” is steeds nie bekend nie.

Die twee verdagtes het volgens ooggetuies in ’n motor van die toneel af gevlug.

Liebenberg en Lackay is dae later in die vroeë oggendure van 13 November 2014 in die omgewing van Kaapstad vasgetrek.

Hulle is 26 November 2014 met hul hofverskyning op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.