Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Te min busse kan onderrig belemmer

Ongeveer 70 leerders van Nieuwe Drift Primêr sal nie skool kan bywoon as die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) nie gou genoeg ekstra busse kry om die kinders na en van die skool te vervoer nie.

Baie van die kinders woon nie naby die skool nie en maak hoofsaaklik staat op die vervoer wat die departement voorsien.

Dinsdag 4 Februarie het ouers ’n brief van die skool ontvang wat sê dat daar sommige leerders is wat sonder toestemming van die leerdervervoer­skema gebruik maak.

Volgens ’n leerder se voog, wat nie sy naam gepubliseer wil hê nie, het sy na die skool gegaan om navraag oor die brief te doen. By die skool is sy in kennis gestel dat die kind, na wie sy omsien, een van die leerders is wat nie op die bus hoort nie.

Die besorgde vrou is nie net bekom­merd oor die kind nie, maar ook oor die res van die leerders wat dalk met hul skoolwerk agter kan raak.

“Ek het gevra wat ons nou moet doen en al antwoord wat ek gekry het, was dat die kinders wat nog wag vir toestem­ming nie op die bus mag klim nie,” sê sy.

Die WKOD-woordvoerder, Millicent Merton, sê: “ ’n Aansoek om ekstra leerders na die Nieuwe Drift Primêre Skool te vervoer, is in Januarie ontvang en word verwerk.” Merton voeg by dat “dit uiters belangrik is dat aansoeke vir die ekstra leerders betyds ontvang moet word sodat die dienste bekom en beskikbaar gestel kan word”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.