Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Toeskouers ontevrede

Dit was ’n spannende vriendskaplike wedstryd tussen twee plaaslike spanne wat alles in hul vermoë gedoen om aanskoulike rugby te speel.

Die lofsange rakende dié rugby­wedstryd was van korte duur nadat gerugte die ronde gedoen het dat intimidasie van toeskouers ’n groot impak op ’n Boland-skeidsregter gehad in Saterdag se wedstryd tussen Hillcrest United en Riverstones.

Luidens ’n SMS-boodskap wat Paarl Post ontvang het, was Riverstones teen die eindfluitjie blykbaar die wenspan, maar die wedstryd het baie lank in oortyd oorgeloop, tot amper twee uur se spel in totaal, totdat die tuisspan Hillcrest gewen het.

Volgens die voorsitter van Hillcrest United, Edward Abrahams, is wedstryd­tyd die prerogatief van die skeidsregter en volgens hom dra hy nie kennis van dreigemente teen die skeidsregter nie. Hy het wel bevestig gemoedere het hoog geloop tussen toeskouers. “Dit gebeur maar in enige wedstryd en die betrokke persone is aangespreek en hulle het later kalmeer,” sê hy.

Hoofafrigter van Riverstones, Gerchwin Paulse meen die wedstryd is in goeie gees gespeel en daar was geen dreigemente teen die skeidsregter nie. Die spanne beoog ook om die wedstryd ’n jaarlikse instelling te maak.

Abrahams het gesê die klub het wel ’n verslag aan Boland-rugbyunie ingedien om dié liggaam in te lig die skeidsregter wat gestuur is om die wedstryd te beheer, nie vir die taak opgewasse was nie. Hillcrest United en River­stones is ongelukkig oor sekere beslis­sings, maar die wedstryd is volgens Abrahams in ’n goeie gees ge­speel en daar is ná die tyd saamgesels oor die wedstryd.

Volgens ’n betroubare bron was daar wel twee toeskouers wat die skeidsreg­ter toegesnou het, maar dit was nie steurend nie en niemand het geweet vir wie die toeskouers ondersteun nie.

Wat die duur van die wedstryd betref verduidelik die bron dat beseringstyd en waterbreuke ’n invloed op die speeltyd het. “Die toeskouers se tyd is nie altyd dieselfde as die skeids­regter se tyd nie. Toeskouers is nie altyd bewus wat op die veld aangaan nie en fokus partykeer net op die negatiewe. Die persoon wat die beskuldigings maak, spekuleer.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.