Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tonnel nou eers in Januarie gesluit

Die Hugenote-tonnel sal nie soos verwag vanjaar al vir padgebruikers gesluit word nie.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het aangekondig die tonnel sal eerder in Januarie aanstaande jaar gesluit wees vir werk wat nie in die verkeersvloei gedoen kan word nie. Dit sal omtrent vier maande duur.

Die tonnel sal dan van Maandae tot Donderdae van 22:00 tot 06:00 gesluit wees.

Randall Cable van Sanral sê nodige opknappingswerk het reeds begin, maar dit is gedoen om padgebruikers minimaal te ontrief en die werk kan gedoen word terwyl die verkeer vloei. Van die nodige werk is reeds voltooi sonder enige hindernisse. “Ná 31 jaar van aaneenlopende en veilige werking begin die elektriese en meganiese stelsels verouder, en dit moet vervang word om aan internasionale standaarde vir veiligheid te voldoen,” sê Cable.

Tans word die tonnel se elektroniese padtekens opgegradeer, padtekens na die tonnel word opgegradeer en ’n Tetra-noodradiostelsel word geïnstalleer. Die werk wat in Januarie gedoen sal word, sluit in ’n opgegradeerde radiostelsel, beter kommunikasiestelsels vir noodgevalle en opgedateerde brandbestrydingstoestelle.

Die R101 of Du Toitskloofpas sal in dié tydperk die primêre alternatiewe roete wees wanneer die tonnel gesluit is en Sanral belowe ook opknappings vir dié roete.

Padtekens wat beter verbysteekgeleenthede aandui, sal aangebring word en ligdiode-ligte sal op die middellyn reg deur die hele pas geplaas word. • The long awaited maintenance work on the Huguenot Tunnel will now only take place in 2020.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.