Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Top-onnie roep halt

Een van Wellington se bekendste en mees geliefde onderwysers, Sonia le Cordeur, het na 36 jaar aan die einde van die tweede kwartaal uit diens van die onderwys getree.

Le Cordeur het in 1981 saam met haar man, prof. Michael le Cordeur by Bergrivier Sekondêre Skool begin skool hou en was die afgelope 36 jaar in diens van dié skool. Sy was aanvanklik ’n naaldwerk­onderwyser en later het sy Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal vir graad 8 tot 12 gegee.

Le Cordeur het onlangs ’n eretoekenning van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement ontvang vir uitnemende prestasie toe haar matriekklas ’n 100%-slaagsyfer in Afrikaans Eerste Addisionele Taal behaal het.

Die skool het by ’n spoggeleentheid van haar afskeid geneem by die Boschenmeer-landgoed en waar die skoolhoof, Gordon Julies, wat 36 jaar gelede saam met haar by die skool begin het, genoem het dat haar klas die beste gevaar het van al die klasse. Hy het ook genoem dat sy vir 36 jaar nooit die reëls oortree het nie.

In haar toespraak het Le Cordeur vertel dat sy die laaste tyd begin agterkom het die leerders vir wie sy skoolgehou het se kinders sit al by haar in die klas. Dis toe dat sy besef het sy moet halt roep.

Sy, haar man en Julies het al drie saam by Bergrivier begin skool hou en is ook al drie oudleerders van Paulus Joubert Sêkonder.

Julies tree die einde van die jaar af, terwyl haar man prof. Le Cordeur nou die hoof van die departement kurrikulum­studie aan die Universiteit Stellenbosch is.

Die Le Cordeur-egpaar het besluit om aan die skool terug te gee deur middel van twee pryse aan die leerders:

Die Michael le Cordeur-prys vir Afrikaans Huistaal en die Sonia le Cordeur-prys vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal.

Le Cordeur meen sy gaan beslis nie stilsit by die huis nie en beplan nog aktiwiteite saam met haar “ou” skool.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.