Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Transito-rooftog saai groot chaos

Net toe Suid-Afrikaners dink die transitorooftog-tendens wat die land in onlangse jare geteister het, is verby, is ’n veiligheidswag op die R44-pad geskiet en twee pendelaars beroof en met hul lewe gedreig.

Tussen vier en ses verdagtes het Maandag 6 Mei ’n Fidelity-geldwa wat kontant vervoer het, van ’n onbekende bedrag beroof. Die rooftog het 17:40 sowat 1,5 km van die Durbanville-aansluiting tussen Windmeul-kelder en Klapmuts voorgekom.

Volgens sers. Bernadine Arendse, ’n woordvoerder van die Klapmuts-polisie, het die verdagtes, wat in ’n ou Mercedes gery het, die bakkie van die pad af probeer dwing. Toe hulle dit nie regkry nie, het hulle voor die bakkie ingedraai. Die verdagtes het toe van voor af op die bakkie geskiet en die bakkie het van die pad getrek.

Arendse sê die veiligheidswagte het in die veld gaan wegkruip. Al twee was beseer – een is in die hand geskiet en die ander se voorarm is beseer.

Arendse verduidelik die wagte het toe gesien dat ’n swart sportnutsvoertuig die verdagtes oplaai.

Een van die slagoffers, wat anoniem wil bly, het vertel dat hy in die rigting van Klapmuts gery het toe dié twee voertuie (die Mercedes en die sportnuts) die pad net ná die Durbanville-aansluiting versper het. Voor hom was ’n vrou wat op pad lughawe toe was om iemand te gaan haal. Hy sê hy het aanvanklik gedink dit is ’n motorongeluk en het opgelet dat mense kratte uit ’n bakkie met ’n kap laai. Hy sê hy was nie seker wat besig was om te gebeur nie.

“ ’n Man het na my toe geloop en ek het my deur oopgemaak, want ek wou hoor wat hy sê, maar toe sien ek hy het ’n vuurwapen by hom en maak toe outomaties my deur toe en sluit dit,” vertel die man. Die gewapende man was nie vermom nie.

“Hy het toe baie hard met die loop van die vuurwapen aan my venster geklop en gesê hy my gaan skiet,” vertel hy en voeg by dat die verdagte duidelik gespanne was. Hy sê hy het nie aandag aan die vuurwapen gegee nie en het oogkontak met die verdagte vermy. Hy het sy deur oopgemaak, waarna die verdagte sy motorsleutels en selfoon geëis het.

“Hy het gesê ek moet hardloop, want hy gaan my skiet. Ek het teen ’n wal opgehardloop en die hele tyd vir die skoot gewag,” vertel die man. Die verdagtes het toe sy voertuig en die vrou wat voor hom gery het, se voertuig gebruik om die pad verder te versper.

Verdere drama het ontvou toe die rowers die Mercedes op die toneel gelaat en met die sportnutsvoertuig in die rigting van Cloetesville in Stellenbosch gejaag het. ’n Polisiebeampte het die voertuig opgemerk en hulle agternagesit. Die voortvlugtendes het met hul voertuig teen ’n stilstaande voertuig voor die Cloetesville-polisiekantoor gebots nadat die polisie die rowers ingehok het, en ’n skietery het ontstaan.

Arendse sê die verdagtes het ’n wapen op ’n polisiebeampte gerig, sy polisiebakkie gekaap en weer probeer wegjaag. Hierna het die bestuurder weer teen die polisiebakkie gebots, waarna die verdagtes te voet in verskillende rigtings probeer weghardloop het.

Volgens Arendse is twee verdagtes kort daarna in hegtenis geneem. Die polisie het op twee vuurwapens beslag gelê en Arendse sê van die geld is by hulle gekry. Sy kon nie bevestig hoeveel gesteel of teruggevind is nie. . A security guard was shot and two motorists hijacked after they had been threatened when four to six men robbed a cash-in-transit vehicle of an unknown amount on Monday 6 May.

Sgt. Bernadine Arendse, Klapmuts police spokesperson, confirmed that a security guard had been wounded in the hand and another guard injured his arm. Two suspects were arrested.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.