Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tronkbewaarders vas oor Mandrax

Twee tronkbewaarders van die Drakenstein-gevangenis is Maandagaand (3 Junie) 21:10 in Wellington op aanklagte van dwelmhandel in hegtenis geneem.

’n Vrou van 27 en ’n man van 29 is met 50 Mandrax-pille en 42 gram dagga buite Club Nouveau in Wellington betrap.

Die polisie het roetine-patrolliewerk gedoen toe hulle ’n verdagte voertuig in Dennestraat gesien het. Die lede het die voertuig deursoek en op die dwelms afgekom.

Volgens kapt. Louise du Plessis, woordvoerder vir die wynlande se polisiekluster, is die twee in aanhouding.

“Hul name mag nie bekend gemaak word nie omdat hulle nog nie aangekla is nie,” het sy gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.