Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee gevalle van selfdood by hospitaal

Twee families is in rou gedompel nadat twee mans op die vooraand van Wêreld-selfdoodvoorkomingsdag hul eie lewe in ’n provinsiale hospitaal geneem het.

Dit volg nadat ’n pasiënt, Leon Wellington (43) van Paarl-Oos, Saterdag (8 September) van die sesde verdieping van Paarl-hospitaal vermoedelik uit ’n venster na sy dood gespring het.

Volgens Leensie Lötter, kommunikasiebeampte vir die Wes-Kaapse departement van gesondheid, is diefwering voor al die vensters wat kan oopmaak, aangebring.

“Die pasiënt het ’n soliede vensterglas, wat nie kon oopmaak nie, gebreek om deur die venster te kom,” beweer Lötter.

Nog ’n pasiënt, Sicelo Josaya (50) van die Oos-Kaap, wat ook in dié hospitaal was, het Vrydagaand (7 September) ook sy eie lewe geneem.

Sy lyk is later deur hospitaalpersoneellede in ’n badkamer gevind.

Dit is minstens die derde voorval by dié hospitaal waarin ’n pasiënt selfdood pleeg.

Fortuin Fransman (50), wat in November 2017 gevorderde kankerbehandeling in dié hospitaal ontvang het, het uit ’n venster op die sesde verdieping gespring.

Kapt. Louise du Plessis, ’n woordvoerder van die Paarl-polisie, sê die polisie doen tans twee geregtelike doodsondersoeke by die hospitaal.

Du Plessis vertel: “Die liggaam van Sicelo Josaya is (Vrydag) in ’n badkamer deur hospitaalpersoneellede gevind. Sy liggaam het aan ’n tou gehang.”

Verder sê sy: “In die tweede voorval het Leon Wellington na bewering van die sesde vloer af na sy dood gespring.”

Colleen Smart, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse minister van gesondheid, dr. Nomafrench Mbombo, het as volg op ’n navraag geantwoord: “Die Wes-Kaapse departement van gesondheid en die Paarl-hospitaal spreek hul medelye teenoor die families van die twee pasiënte uit. Die hospitaal het met die families vergader en die Wes-Kaapse minister van gesondheid het die fasiliteit Sondag besoek en met die families gesels.”

Verder sê sy hospitale is plekke van genesing, hoewel die fasiliteit onlangs bykomende veiligheidsmaatreëls aangebring het om voorvalle te voorkom.

“Die sesde vloer se vensters was voor die naweek se voorval met diefwering beveilig. Ons bedank die hospitaalpersoneel en publiek vir hul ondersteuning en respek vir die oorledenes se families in hierdie moeilike tyd,” sê Smart.

* Lees op bl.12 van nog ’n insident.

Two men allegedly committed suicide last weekend in Paarl Hospital. The Paarl police are now investigating two judicial post mortem examinations.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.