Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit die pen van die Burgemeester

Beste inwoners,

Die tyd het aangebreek vir my laaste rubriek vir 2018.

Met trots kyk ek terug na al die deurbrake wat ons in Drakenstein gamaak het en onthou ek ook die uitdagings wat ons vanjaar aangepak – en die hoof gebied – het. Van een ding is ek seker: Drakenstein se inwoners weet hoe om saam te staan en mekaar in tye van nood te ondersteun.

Op hierdie noot vra ek ons inwoners om gedurende die feestyd spesifiek ook diegene te ondersteun wat minder bevoorreg as ons is. Gebruik hierdie tyd om opreg dankbaar te wees en die boodskap van liefde en vrede te versprei.

Mag julle ’n geseënde tyd saam met familie en vriende beleef.

Drakenstein-munisipaliteit werk tans aan ’n aantal projekte wat in 2019 gaan begin met die doel om dienslewering te verbeter en dit sluit in projekte wat die lewensgehalte van ons inwoners sal bevorder.

Ons sien uit daarna om binnekort meer nuus oor hierdie projekte met julle te deel.

Om uitnemendheid in Drakenstein vol te hou, is iets waarna ons daagliks streef en dis nie ’n maklike taak nie. Maar, dit is doenbaar met die samewerking van die Wes-Kaapse regering, plaaslike sakeondernemings en organisasies en met die hulp van ons inwoners.

Ek vra dat julle sal voortgaan om ons in die nuwe jaar te ondersteun sodat ons saam ’n stad van uitnemendheid kan wees.

Met hierdie laaste woorde sluit ek die jaar af. Geniet die feestyd, reis veilig, bespaar water, neem ander in ag en keer veilig terug. Ek sien uit na ’n opwindende en uitnemende 2019 saam met julle.

Geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar!

Tot volgende jaar,

Uitvoerende burgemeester, Conrad Poole

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.