Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uitspraak oor Wentzel binnekort gelewer

Die Paarl-streekhof sal Maandag 8 Julie uitspraak lewer in die hofsaak teen die Paarlse musiekonderwyser wat aangekla is van die molestering en verkragting van ’n 16-jarige skoolseun.

Abraham Lukas Wentzel (64), ook bekend as Abrie, word daarvan beskuldig dat hy ’n skoolseun, wat in 2011 16 jaar oud was, by ’n musiekles by sy huis in Noorder-Paarl verkrag het.

Wentzel is 19 Februarie 2017 in hegtenis geneem en het 16 November dieselfde jaar skuld op die aanklagte ontken.

Wentzel se verdedigingspan en die staatsaanklaer het hul getuienis Maandag 3 Junie afgesluit.

Streeklanddros Raadiyah Wathen het die uitspraak Vrydag 7 Junie uitgestel omdat sy nog tyd nodig gehad het om die uitspraak klaar te skryf.

Wentzel was van 1983 tot 2006 ’n musiekonderwyser by Laerskool Noord-Eind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.