Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
US skuif topmatriek oor tegniese punt

’n Voormalige toppresteerder van die Paarl se pa is op die punt om die Universiteit Stellenbosch (US) in die hof te pak.

Dít kom nadat Carmen Kirstein, ’n oudleerder van Hoër Meisieskool Paarl, vir twee agtereenvolgende jare afgekeur is om medies te studeer al het sy in 2017 met sewe onderskeidings gematrikuleer.

Haar pa, Gerhard Kirstein, het aan ’n Sondagkoerant gesê die US het gesê Carmen is vir 2018 afgekeur omdat sy 275 ste op die universiteit se merietelys geplaas is en net die 270 topstudente het keuring gekry.

Hulle hoor toe egter dat twee studente, wat glo swakker punte gekry het, vir die kursus gekeur is. US beweer egter dat dit onwaar is.

By navraag is die gesin ingelig dat Carmen se plek verkeerd bereken is omdat haar Engels as eerste addisionele taal gelys was, maar sy het Engels-huistaal op skool geneem. Die universiteit beweer die fout is deur Carmen gemaak toe sy ’n aanlyn aansoek ingevul het.

’n Personeellid het aan hulle gesê dat die fout nie dadelik reggestel kan word nie.

Dié personeellid het toe vir Carmen gesê sy moet nie moed opgee nie omdat sommige voornemende mediese studente verander voordat hulle begin studeer en dit sal maak dat sy ’n plek kry. US sê aansoekers word ingelig oor die keuringsproses wat uit verskillende fases bestaan en tot in Januarie van die inskrywingsjaar duur.

Sy het toe gewag en die geleentheid om veeartseny aan die Universiteit van Pretoria te studeer afgekeer om eerder medies te studeer.

Sy het verlede jaar vir ’n BSc-graad in lewenswetenskappe ingeskryf om weer vir mediese keuring aansoek te doen.

Sy is vir ’n tweede keer afgekeur.

Dit is tóé dat Gerhard wou weet wat met haar eerste aansoek verkeerd gegaan het.

Die universiteit het gesê as die fout met haar Engels nie ingeglip het nie, sou sy 225 ste op die merietelys gewees het en nie 275 ste nie. Die US het hulle toe in kennis gestel dat selfs 225ste plek nie haar keuring sou waarborg nie.

Teenstrydig met die vorige jaar se stelling dat die eerste 270 studente keuring kry, is daar vir hulle gesê net die beste 110 kandidate is ’n plek verseker.

Die universiteit sê na dié aantal gevul is, kry Asiatiese studente uit die Noord- en Wes-Kaap eers voorkeur, dan swart en bruin studente oor die land tot 270 plekke gevul is.

US sê Carmen is nie gekeur nie omdat ander eerstejaarstudente hoër gemiddeldes in hul onderskeie programme gekry het, as wat Carmen behaal het.

Gerhard voer aan dat Carmen se professionele loopbaan reeds met twee jaar vertraag is en hulle wil hê die US moet vir sy foute verantwoordelik gehou word. “Ons eis ook ’n verskoning op skrif,” het hy gesê.

*A father is on the verge of suing US for denying his daughter acceptance to study medicine. They claim she is being refused based on discrimination.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.