Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Veiligheid op Gouda bekyk

Wendy Philander, die Demokratiese Alliansie se kiesafdelingshoof in Drakenstein 2 (wat bestaan uit die gebiede van Mbekweni, Wellington, Hermon, Gouda en Saron), het ’n besoek aan die Gouda-gebied gebring om met die inwoners van die gemeenskap te praat oor misdaad en die Drakenstein-munisipaliteit aan te moedig om ’n veiligheidsimbizo in Gouda te hou.

Philander, ’n lid van die provinsiale parlement, het die imbizo voorgestel as ’n platform waar die kommerwekkende toename in ernstige misdaad, moord en geslagsgebaseerde geweldsvoorvalle in die gebied getakel kan word.

Gemeenskapslede het hul kommer met Philander gedeel en gekla hul dorp is nie meer veilig nie en gewelddadigheid het te algemeen geword.

Philander het gesê: “Die Tulbagh-polisie moet die Gouda-gebied ook bedien omdat Gouda slegs ’n polisie-substasie het. Die jongste jaarlikse misdaadstatistieke 2018/’19 vir die Tulbagh-omgewing het ’n donker prentjie geskets.

Misdaad het in elke kategorie gestyg. Die enigste wat afgeneem het, was seksuele misdrywe. Ondanks polisie-optrede het misdaadopsporing ook die afgelope boekjaar met gemiddeld 42% gestyg,” het sy gesê.

“Ek het versoek dat die plaaslike regering, wat ’n beter begrip van die behoeftes van die mense het, alle belanghebbendes wat vir gemeenskapsveiligheid verantwoordelik is, na die veiligheidsimbizo moet nooi, ongeag hul politieke affiliasie. Geweld en misdaad vra nie aan watter politieke party jy behoort nie. Die DA beskik wel oor die politieke wil om te verseker dat alle inwoners in vrede kan leef, dat gemeenskappe kan floreer en dat kinders se veiligheid verseker kan word.”

Philander sê verder ’n gemeenskap wat deur geweld gevange gehou word, is ’n gemeenskap waarvan die lewensaar afgesny word.

“Dit is ’n gemeenskap wie se vooruitgang belemmer word. Ons is almal verantwoordelik om seker te maak dat diegene verantwoordelik hul verpligting teenoor die gemeenskap van Gouda nakom.

“Ons mense, oud en jonk, is moeg daarvan om soos gevangenes in hul eie huise te leef terwyl die oortreders hul vryheid geniet.”

Die Imbizo sal ’n geleentheid vir die gemeenskap wees om ’n beter begrip te kry van die rolle en verantwoordelikhede wat die verskillende veiligheidsbelanghebbendes ten opsigte van gemeenskapsveiligheid het.

Dit sal ook ’n platform wees vir buurtwagte en die SAPD om hul hulpbron- en opleidingsbehoeftes na vore te bring.

“Die DA in die Wes-Kaap sal aanhou veg vir veiliger gemeenskappe en ’n veiliger provinsie.

“Waar die SAPD en die nasionale regering die mense van Gouda en Drakenstein misluk, sal ons hard werk om te verseker dat die veiligheid van die gemeenskap nie vergeet word nie,” het Philander gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.