SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Verander jou denkwyse rakende plaasaanvalle

Twee Paarliete wil graag gedagtes en idees rakende plaasaanvalle verander.

Talita Basson en Daniel Briers het verlede jaar saam gewerk om die “Swart Maandag-veldtog” te reël. Dié veldtog is beplan ná die moord op Klapmuts-boer Joubert Conradie.

Met die herdenking van die nasionale betoging dié Maandag meen hulle dat die stelling anders moet klink. “Ons staan nie net op teen plaasmoorde nie, maar ook teen alle geweld en moord in Suid-Afrika,” sê Talita.

Hulle het in 2017 ’n Facebook-blad met die naam “Genoeg is genoeg” gestig en sê die doel van dié blad was hoofsaaklik vir bewusmaking.

Die blad het sedertdien sowat 5 700 volgers gekry. Daniel sê hulle beweging fokus eerder op wat Suid-Afrika wil bereik as op dit wat sleg is in die land. “Ons het ons doelwitte, wat ons verlede jaar gestel het, bereik,” sê Talita.

Sy vertel in 2017 was daar baie mense wat vreedsaam aan die optog deelgeneem het. Sy sê dié jaar het die beweging gevou en mense verdraai die boodskap tot hul voordeel.

“Dit gaan nie oor jouself of die Afrikaner nie, dit gaan oor alle Suid-Afrikaners,” meen sy. Daniel stem saam en meen die beweging moet hoop inspireer eerder as om rassehaat of persoonlike vooroordele te bevorder. Hy sê mense van alle rasse het verlede jaar se optog ondersteun en dit het op vooruitgang gefokus. “Ek ry motorfiets en ek dink altyd daaraan as jy in die veld ry en die hele tyd na ’n rots kyk en na dit toe ry, gaan jy hom tref. Ons moet om die rots beweeg en só vorentoe beweeg,” verduidelik hy.

Talita sê rassisme op die blad en ander sosiale mediagroepe is ook ’n probleem. “Mense gaan altyd die doel probeer kaap,” sê Daniel. “Daar is ten minste 40 miljoen Suid-Afrikaners wat teen misdaad en geweld in Suid-Afrika is wat eerder staan vir hoop, liefde en respek,” voeg hy by en sê dit is genoeg om Suid-Afrika te beveilig.

. Talita Basson and Daniel Briers took lead in the Black Monday protest last year but said the narrative must now change. Their movement “Enough is enough” was originally established for Black Monday protests but they opt for a more inclusive approach than recent protestors.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.