Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verdagte storm uit hof ná woord ‘reeksmoordenaar’

In ’n reeks vreemde aksies het die vermeende reeksmoordenaar Johan Williams Maandag 1 Oktober uit die Wellingtonse landdroshof gestorm nadat die staatsaanklaer hom ’n reeksmoordenaar genoem het.

Williams kan dalk met 15 moorde in die Wes Kaap verbind word.

Dit is nie die eerste keer dat Williams eienaardig optree nie. Hy het volgens berigte met die polisie en media onderhandel vir kitskos nadat hy op 28 Junie in hegtenis geneem is.

Met sy tweede verskyning in die Wellington-landdroshof op 13 Julie het Williams glo vir die families van die slagoffers gesê “maak my famous”.

Williams sou om borgtog aansoek doen voordat hy hom vererg het. Hy het gesê hy weier om verder met die staatsaanklaer te praat.

Hy het die aanklagte van moord, verkragting en aanranding met die opset om ernstig te beseer ontken.

Die vermeende slagoffers sluit Chantell Matthysen van Kuilsrivier, Natalie Jonkers van Wellington en Maria Isaacs van Malmesbury in.

Williams het glo sy gewese vriendin verkrag en herhaaldelik met ’n skerp voorwerp in die rug gesteek. Sy mag weens die seksuele aard van die klag nie geïdentifiseer word nie.

Die saak is tot Maandag uitgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.