Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verhoor van twee oor Dane Tatts duur voort

Die verhoor ná die moord op die gewilde tatoeëerkunstenaar Dane Frolicks (24), oftewel Dane Tatts, duur Maandag 8 Julie in die Paarl-streekhof voort.

Die twee beskuldigdes, D’Hanowich Liebenberg en Dylan Lackay, het Frolicks glo die aand van 4 November 2014 voor sy huis in Charleston Hill koelbloedig doodgeskiet. Hy is op ’n kort afstand vier keer in die kop geskiet.

Liebenberg en Lackay is tien dae ná die voorval in Kaapstad in hegtenis geneem.

Hulle is met hul hofverskyning op 26 November 2014 op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

Lackay, wat sy borgtogvoorwaardes oortree het, is wéér opgesluit nadat hy glo in 2018 in Kaapstad van nog ’n moord aangekla is. Hy is tans in aanhouding.• It’s nearly five years and the tattoo artist’s murder is still unresolved. The accused will appear in the Paarl Regional Court again on Monday 8 July.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.