Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Versorger het glo vrou van 80 jaar help vermoor

Een van die vier beskuldigdes in die moord en roof van die bejaarde Marie Vervey (80) het Maandag 6 Augustus in sy pleitverduideliking gesê Verwey se versorger het gehelp om haar te vermoor.

Verwey was ’n gastehuiseienaar van Paradyskloof in Stellenbosch. Enrico Malherbe het die aantygings gemaak en staan saam met André Coetzee, Nicolize Geldenhuys en Romeo Hendricks tereg op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede.

Geldenhuys en Hendricks is albei van die Paarl waar Geldenhuys eens vir die munisipaliteit gewerk het.

Geldenhuys was Verwey se versorger en het vir haar medepligtiges gesê sy wil die inhoud van twee kluise in haar huis steel. Malherbe het gesê die ander het hom die dag opgelaai en na ’n daghospitaal in die Paarl gebring om rubberhandskoene te kry. Op pad het Coetzee en Geldenhuys ’n mes aan hom oorhandig en gevra of hy bereid sal wees om Verwey met die mes te steek. Hy het blykbaar gesê hy sal besluit wanneer hulle by Verwey is.

Geldenhuys het blykbaar voorgegee dat sy vir Verwey druiwe wou aflewer. Verwey het vir haar versorger oopgemaak en die drie mans het die huis binnegedring. Kort voordat die verdagtes die huis van sowat R700 000 se juwele en ’n kamera beroof het, het Geldenhuys blykbaar vir Malherbe gesê “maak klaar” en met haar vingers by haar keel aangedui dat hy haar moet vermoor.

Nadat Malherbe die slagoffer begin steek het, het sy na bewering om hulp na Geldenhuys geroep, maar dié het glo die bejaarde vrou met ’n ander mes begin steek. Malherbe het gesê dit het gelyk of Geldenhuys vir Verwey kwaad was.

Malherbe het skuld op die aanklagte teen hom beken, Geldenhuys en Hendricks het skuld op die aanklagte teen hulle ontken en Coetzee het skuld op die aanklag van roof beken.
.
One of the four people who stand accused of the murder and robbery of the elderly guesthouse owner Marie Verwey (80) from Stellenbosch alleged that Verwey’s caregiver and accomplice, Nicolize Verwey, helped to murder her.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.