Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vier polisiebeamptes vas weens beweerde korrupsie

WORCESTER – Die polisie hier het bevestig dat vier van sy lede Maandag (6 Julie) in hegtenis geneem is op aanklag van korrupsie. Die beamptes is deur die polisie se onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat in hegtenis geneem.

“Die inhegtenisnemings volg nadat ’n ondersoek van stapel gestuur is oor gekonfiskeerde goedere en geld wat vermis geraak het. Die vier beamptes het die goedere by winkels in die middedorp en Avianpark gekonfis­keer,” sê die woordvoerder van die Worcester-polisiekantoor, kapt. Tobela Dyasi.

Die lede sluit in twee adjudant­offisiere wat onderskeidelik 45 en 48 jaar oud is. Die ander twee is sersante wat 43 en 53 jaar oud is.

Daar word beweer dat die beamptes tussen 4 en 21 Junie geld van winkeleienaars aanvaar het om inhegtenisneming weens die verkoop van sigarette te vermy. Die beamptes is deur getuies, beeldmateriaal en diensroosters geïdentifiseer.

Die stasiebevelvoerder van Worcester-polisiekantoor, brig. Vuyani Mdimbaza, het hom sterk oor die saak uitgespreek en gesê sulke gedrag sal nie ligtelik deur die polisie beskou word nie.

“Misdaad soos hierdie sal glad nie toegelaat word nie, veral deur ons lede. Ons is tans in ’n baie moeilike tyd te midde van die Covid-19-pandemie en die polisie speel ’n belangrike rol om die burgers van die land in hierdie tyd te beskerm,” sê Mdimbaza.

Hy noem dat sulke gedrag ’n negatiewe beeld van die polisie skep – selfs van dié lede wat hulle daarop toespits om misdaad en korrupsie uit te roei. Hy noem verder dat die polisie glad nie huiwer om enigiemand wat homself skuldig maak aan sulke gedrag in hegtenis te neem nie, al is dit hul eie lede.

“Ons wil graag lede van die gemeenskap aanraai om misdaad waarby ons lede betrek word, aan te meld sodat ons kan ondersoek instel. Korrupsie is ’n ernstige misdryf en sal nie toegelaat word nie.”

Die vier beamptes het Dinsdag (7 Julie) vlugtig in die Worcester-landdroshof verskyn en word aangehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.