Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vir my en vir depressielyers

Ek gaan Saterdag 15 September vroegoggend my tekkies aantrek en die pad Kaap toe vat, waar ek aan die 10 km-Vredesloop gaan deelneem van die Kaapse-marathon en my bes gaan probeer om my beste tyd tot nog toe in ’n 10 km-wedloop aan te teken.

Die rede hiervoor – ek ondersteun die Ithembu-stigting.

Ek het deur die jare self die verpletterende uitwerking van depressie gesien – die verdriet ook oor die uitwerking hiervan tussen familie en vriende. Almal word hierdeur geraak – nie net die lyer aan dié siekte nie. Ek moes self al vriende aan die dood afstaan wat weens depressie nie meer ’n pad vorentoe kon sien nie. Ek moes ook, en doen dit steeds, toekyk hoe geliefdes hulself hieroor vernietig – dit ten spyte van jare lange mediese behandelings hiervoor asook medikasie. Die feit bly staan daar is nog ’n baie lang pad om te stap om tot ’n daadwerklike mediese oplossing te kom vir depressie en sy gepaardgaande geestestoestande.

Ek was self op ’n donker plek weens onrealistiese werksomstandighede, persoonlike mislukkings en dies meer. Maar ek was ook een van die gelukkiges wat myself uit daardie gat kon grawe – toevallig deur middel van oefening en veral draf. Die meeste mense in daardie donker plek sukkel egter geweldig om daaruit te kom; die “swart hond” hou aan om aan hul hakskene te hap.

Dus, ek hardloop die 10 km-Vredesloop vir my geliefdes asook diegene wat ek nie eens ken nie wat daagliks met depressie wroeg. Ek samel deur middel van GivenGain geld vir die Ithemba-stigting in. Besoek https://www.givengain.com/ap/lise-beyers-raising-funds-for-ithemba-foundation-npc/ vir nog inligting en skenkings.• Lise Beyers is die redakteur van die Paarl Post.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.