Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vlak 3: Data wys geweld styg erg

PAARL – Geweld in die Drakenstein het drasties gestyg sedert die verbod op alkohol op 1 Junie gelig is toe die inperking tot vlak 3 verlaag is.

Leensie Lötter, ’n woordvoerder van die Paarl-hospitaal, het vergelykende syfers van die hospitaal beskikbaar gestel, alhoewel die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement steeds besig is om data van verskillende hospitale se noodeenhede in die provinsie te versamel.

Lötter bevestig die Paarl-hospitaal het ’n duidelike toename in geweld-verwante gevalle in die eerste naweek (5-7 Junie) ná vlak 3 in vergelyking met ’n naweek (15-17 Mei) in vlak 4 ervaar.

Volgens dié inligting is 35 gevalle van 15 tot 17 Mei teenoor 66 die naweek van Vrydag 5 tot Sondag 7 Junie aangemeld.

Sy sê die Paarl-hospitaal se ongevalle-eenheid was baie besiger as wat dit in vlak 4 was.

“Buiten die traumagevalle het die noodeenheid ook baie meer pasiënte as in die vlak 4-inperking ontvang. Die naweek van 15-17 Mei is 342 trauma-verwante gevalle aangemeld en 5-7 Junie, die eerste naweek onder vlak 3, is 497 gevalle aangemeld.”

Die meerderheid geweld-verwante gevalle wat by die Paarl-hospitaal aangemeld is, was aanrandings en steekwonde terwyl ’n paar pasiënte vir skietwonde behandel is.

Die Wes-Kaapse departement vir gemeenskapsveiligheid sê hy kan nie die omvang van die toename in geweldsmisdaad aandui nie omdat hy nie gereelde misdaad-opdaterings van die polisie kry nie.

Cayla Murray, ’n woordvoerder van die LUR van gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, het bevestig ’n toename in moord is aangemeld.

“Die provinsie het ’n toename in moord in die provinsie ervaar sedert vlak 3 ingestel is. Ons kan nie sê in watter mate dit alkoholverwant is nie aangesien ons nie alkoholverwante besonderhede van slagoffers van manslag het nie. ’n Proporsionele toename in mes-verwante geweld is wel bespeur, wat daarop dui dat mense nabye kontak gehad het.”

Navrae is na die provinsiale polisiekantoor gestuur om die omvang van alkohol-verwante misdaad in die Paarl, Paarl-Oos, Mbekweni en Wellington te bevestig, maar geen terugvoer is betyds ontvang nie.. Violence has dramatically increased in Drakenstein since the ban on alcohol was lifted on June 1 when Level 3 lockdown came into effect. Leensie Lötter, a spokesperson for Paarl Hospital, supplied available comparative statistics of the hospital.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.