Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vlamme verwoes spoghuis

Hartseer oomblikke het afgespeel toe ’n bekende gesin van Paarl magteloos toegekyk het hoe die huis wat hul huur deur vlamme versleg word.

Die voorval, waarin die huurders – ’n gesin van vyf – alles verloor het, het Woensdag 30 Mei kort voor 21:00 in Monte Christolaan teen die hange van Paarlberg afgespeel.

’n Betroubare bron wat op die toneel was, het gesê dr. Stephen Schmidt en sy gesin het in die huis gesit toe die brand uitbreek.

Volgens die bron het dr. Schmidt, ’n plaaslike dokter, vir hom vertel dat die krag kort voor 21:00 af- en toe weer aangegaan.

“Hy het toe ondersoek ingestel, maar kort daarna het hy weer ’n snaakse geluid in die dak gehoor wat geklink het soos glas wat breek. Skielik het rook uit die dak geborrel en daarna vlamme.”

Verdere drama het ontvou toe dr. Schmidt sy vrou en drie kinders asook hul honde uit die brandende huis moes red.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Die Drakenstein-brandweer is na die toneel ontbied, maar met hul aankoms was die huis reeds in ligte laaie.

Omstanders en verskeie sekerheids­personeel op die toneel het probeer help, maar dit was tevergeefs en die vlamme het deur die balke van die dak gebrand.

Hul vinnige optrede het daartoe gelei dat die bure se wonings nie ook beskadig is nie.

Forensiese deskundiges is besig met die ondersoek om, onder meer te bepaal waar die brand in die huis ontstaan het.

Hou altyd die noodnommer 021 872 2323 van die Drakenstein-brandweer byderhand in geval van nood.

.Paarl Post het vir dr. Schmidt gebel, maar hy wou nie kommentaar lewer voordat die ondersoek voltooi is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.