Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vlieëpes draai nou in hooggeregshof

Die stryd wat inwoners al langer as 10 jaar voer weens die vlieëplaag in Keerwederpad, wat toegeskryf kan word aan ’n hoenderplaas in die gebied, draai nou in die hooggeregshof.

Jo-Anne Otto, woordvoerder van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, (KWDM) het vroeër aan Paarl Post bevestig die munisipale gesondheidsdienste is deeglik bewus van die klagtes en die perseel is toe onderhewig aan gereelde inspeksies deur personeel van die afdeling.

Verder sê Otto dat hulle eers ná die uitspraak in die saak verdere kommentaar sal kan lewer.

Die vlieëpes is jaar ná jaar ’n groot probleem in die gebied en inwoners het hul hande vol met die plaag.

Inwoners het al talle kere die munisipaliteit se hulp ingeroep om hierdie probleem stop te sit. Hulle het selfs so ver gegaan om in 2016 ’n petisie hieroor op te stel.

Ray Davis van Rosendal Eierplaas het vroeër vanjaar aan Paarl Post bevestig dat hulle die probleem so spoedig moontlik sal oplos, maar dit blyk nie die geval te wees nie. Die vlieë klou glo dag ná dag aan inwoners en verjaag letterlik toeriste van gasteplase af. Plaaseienaars verloor ook duisende rande se produksie as gevolg van die probleem.

’n Slagoffer het vroeër vanjaar gevra hoe kan nat hokke by Rosendal-plaas en hoendermis wat uitloop, toegelaat word.

Volgens hom is daar ongeveer 30 000 hoenders in een hok en die mis word net een keer per jaar verwyder.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.