Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Voertuie brand uit ná grubotsing

’n Reusebotsing waarin twee voertuie, twee motorfietse en ’n vragmotor betrokke was, het een mens se lewe geëis en ’n ander met ernstige beserings gelaat.

Die ongeluk het Saterdag 3 Augustus om 09:50 net ná de Malanstasie-aansluiting op die R44-Hermonpad naby Wellington gebeur. Twee voertuie het selfs weens die impak aan die brand geslaan.

’n Ooggetuie, Gerard Wentzel van Riebeek-Wes, het vertel die ongeluk het gebeur toe ’n Toyota Condor hom op die R44 probeer verbysteek het.

“Dit was geweldig mistig Saterdagoggend en ’n mens kon nie eens ’n motor se lengte voor jou sien nie.” Hy sê hy het 70 km/h gery, maar moes sy spoed na 65 km/h verminder omdat hy nie die pad of ander verkeer in die mis kon sien nie.

Volgens hom het twee motorfietse in die rigting van Hermon gery en hy, en die Condor agter hom, was in die Paarl se rigting onderweg. Toe die Condor hom probeer verbysteek, het dit reg van voor teen een van die motorfietse gebots. Die ander motorfiets het volgens kapt. Basil Seekoei, woordvoerder van die Wellington-polisie, in ’n ander voertuig vasgery. Ses van die Condor se insittendes is lig beseer. “Daardie slag was soos iets wat jy nog nooit gehoor het nie. As ek my oë toemaak, kan ek dit nog hoor,” vertel Wentzel.

Die Condor en een van die motorfietse het albei weens die impak aan die brand geslaan, vermoedelik weens brandstof wat gestort is.

Die bestuurder van die eerste motorfiets, Emile de la Querra (25), is op die toneel dood. Die ander motorfietsryer is volgens bronne ernstig beseer met verskeie gebreekte bene. Hy is glo na die Tygerberg-hospitaal geneem. Nog ’n bron op die toneel het gesê ’n vragmotor moes noodgedwonge uitswenk, maar die bestuurder is ongedeerd en het daarin geslaag om die vragmotor onbeskadig van die pad te trek. An accident involving two cars, two motorcycles and a truck claimed the life of one person and left another seriously injured. The accident happened on 9 August at 09:50 just after the Malan Station intersection on the R44 to Hermon. Two vehicles caught alight upon impact.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.