Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrae oor motor in Bergrivier

Wat het daartoe gelei dat ’n pikante motortjie soos ’n Opel Corsa in die nag in die middel van die Bergrivier beland het?

Die storie het tientalle weergawes wat drasties van mekaar verskil, maar het die vallei Vrydag 1 November nietemin aan die gons gehad.

Toe Paarl Post Vrydag omstreeks 08:20 by die toneel aankom, het die eienaar verbaas en verslae gelyk. Hy wou nie sy identiteit aan die koerant verklap nie, maar het gesê hy is van Riebeek-Kasteel. Hy het ook nie gesê waarom hy in die Paarl was nie.

Die man sê dit was ’n vreeslike ervaring toe hy Donderdagaand deur drie kapers by die Agrimark in Oosboschstraat voorgekeer is. Die slagoffer sê die mans het vuurwapens op hom gerig en met die skrik het hy begin petrol trap en per ongeluk met sy Corsa net links van die Oosboschstraat-brug in die Bergrivier ingejaag. Die stroom het sy voertuig, volgens hom, onderdeur die brug geneem waar dit sowat 15 m verder tot stilstand gekom het. Hy sê dit het omstreeks 21:00 gebeur.

Die man sê hy het die saak by die Paarl-polisie aangemeld, maar die woordvoerder, kapt. Louise du Plessis, sê egter geen saak is aangemeld nie en die polisie is onbewus van enige kaping in die omgewing. Sy sê daar is wel drie verdagtes by die Agrimark in hegtenis geneem, maar Du Plessis sê dit was in verband met ’n ander voorval wat in Lady Greystraat plaasgevind het.

• An Opel Corsa landed up in the Berg River on Thursday night. The owner, who is from Riebeek-Kasteel, said he was involved in an attempted high-jacking in Oosbosch Street and when he panicked he drove into the river by accident.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.