Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrae oor projek gestop is

Gemeenskapslede in Fairyland en Smartie Town is ontstoke oor ’n projek wat daar stopgesit is.

Volgens Michael Jacobs, voorsitter van die Save Note Area Committee (Snac), is die beoogde Violence Prevention through Urban Upgrade (VPUU)-projek in Fairyland gestaak sonder dat die Drakenstein-munisipaliteit enige redes verskaf het.

“Ons en ander organisasies het saam met die munisipaliteit vergaderings gehou en almal het ooreengekom oor die VPUU-projek. Die tender is ook geadverteer,” het Jacobs gesê.

Hy meen, hy verstaan nie hoekom dieselfde prosesse nie gevolg is om hulle in kennis te stel oor hoekom die projek nie voortgaan nie. Volgens hom het hulle slegs ’n brief sonder enige verduideliking ontvang.

’n Biblioteek is op die hoek van Simfonielaan en Bartolomeasstraat gebou op grond waarop die kinders in die gemeenskap voorheen sport beoefen het. Volgens Jacobs sou die VPUU-projek alternatiewe sportgeriewe bied en so ook ’n veilige plek skep vir die jongmense om hulle besig te hou.

Jacobs meen met die afkeur van die VPUU-projek is dit vir hulle duidelik dat die munisipaliteit nie kyk na geïntegreerde holistiese benaderings om die samelewing op sekere gebiede op te hef nie. Snac wil ook weet wat die munisipaliteit nou met die begrote R9,5 miljoen vir die VPUU-projek gaan doen.

Volgens Gerald Esau, uitvoerende direkteur van gemeenskapsdienste by die Drakenstein-munisipaliteit, het die munisipaliteit in die eerste kwartaal van 2018 tenders in ’n plaaslike koerant vir die ontwikkeling van ’n stedelike park in Fairyland adverteer.

Esau sê dié projek is in samewerking met die gemeenskap van Groenheuwel/Fairyland as ’n moontlike ontwikkeling bespreek en in die samesprekings met die gemeenskap is versoek dat sokkergeriewe daar ontwikkel moet word.

“Tender-aanbiedings is ontvang en die voorgestelde koste van die ontwikkeling van die stedelike park was tussen R15 miljoen en R30 miljoen.

“Die munisipaliteit het egter net R9,5 miljoen (eie finansiering) vir dié projek beskikbaar gehad.

“Die gevolg was dat die munisipaliteit op grond van bekostigbaarheid en beskikbaarheid van geld in die begroting die tender noodgedwonge moes kanselleer,” het Esau gesê.

Volgens Esau is intussen besluit om dié begroting in die 2019/’20-boekjaar te gebruik vir die opgradering van die bestaande sokkergeriewe in Fairyland, Groenheuwel.

“Hoewel die stedelike park nie meer opgerig sal word nie, sal R9,5 miljoen belê word in die opgradering van die bestaande sokkergeriewe.

“Die munisipaliteit is van mening dat hierdie benadering sal help om die gevaar van oorbenutting van die bestaande geriewe te verminder,” het Esau gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.