Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vullis raak nou ’n stink storie

Paarl Post se voorbladberig op 31 Januarie: “Hier kom ’n groot gemors”, het heelwat reaksie van die publiek ontlok, maar veral van die sakeondernemings wat hierdeur geraak word.

Volgens sakeondernemings wat vullis van fabrieke, maatskappye en woonkom­plekse verwyder, word hulle nou belet om vullis by die munisipale stortings-terrein in Wellington te stort en slegs die munisipaliteit mag hierdie dienste lewer.

Hierdie sakeondernemings sê dat hulle steeds die munisipaliteit hieroor probeer kontak, maar geen antwoorde op hul navrae kry nie, behalwe “dit sal uitgesorteer word en geen diensverskaffer mag dit doen nie”.

Die ondernemings beweer ook dat hulle verskillende antwoorde kry en nie weet wat om te doen nie.

Volgens ’n betroubare bron wat anoniem wil bly, kon diensverskaffers intussen permitte van die munisipaliteit kry, maar word hulle nie toegelaat om huishoudelike afval weg te ry nie.

Die bron bevraagteken die feit dat hy nou toegelaat word om herwinbare produkte te verwyder, maar is blykbaar in Desember 2018 per e-pos ingelig dat hy slegs bourommel en geen herwinbare afval mag verwyder nie.

Talle sakeondernemings het reeds inkomste verloor en meen van hul kliënte is teleurgesteld en woedend dat hulle gedwing word om nou dubbel te betaal vir hul vullisverwydering.

SMS’e en WhatsApp-boodskappe het dié week na Paarl Post gestroom oor hierdie kwessie. Hier volg net enkeles:. Dit is met kommer dat ek verneem het van die munisipaliteit se voorneme om die verwydering van al die fabrieke se vullis oor te neem by kleinsake-ondernemings wat daarin spesialiseer. Die vraag is nie slegs of die munisi­paliteit aanpasbaar sal wees om die verwyderings te doen op tye soos deur die fabrieke en sakeondernemings benodig nie, maar ook wat sal word van die honderde mense wat hul werk ontneem word. Indien daar probleme ontstaan met die dienslewering kan dit ook groot gevolge inhou vir maatskap­pye in die voedselbedryf wat gereelde oudits ondergaan en werk verskaf aan baie mense. Ek hoop die munisipaliteit sal sy posisie heroorweeg. . They can’t even clean Blikkies Dorp properly and the rubbish that is lying around in Chicago when u drive past Thusong. There is such a horrible smell. Why don’t they pay attention to that? They must really get their act together. Now they feel it’s right to take bread from people’s mouth?. Ek is mede-eienaar van ’n vullisverwydering- en herwinbare- sakeonderneming in Paarl. Een van die verskeie ondernemings wat ons deure sal moet sluit en my werkers moet laat gaan en bankrotskap in die gesig staar as hierdie besluit deurgevoer word. Ons het ons pensioengeld in hierdie onderneming ingestort en ’n onderneming probeer bou en werk geskep. Dis nou soos ’n baie mooi fliek wat net stomp eindig en jy kan nie glo die regisseur het so ’n slegte besluit geneem nie. Die munisipaliteit ontneem ons van enige voortbestaan en dit net om sy eie sakke voller te stop!. Die munisipaliteit is besig om ’n ding wat werk omver te gooi vir eie gewin. Hy het geensins die verandering gekommunikeer of publieke insae gevra nie. Waar moet daardie klein sakeondernemings nou gaan? Ek dog ons bevorder die ekonomie, nou is dit meer ’n monopolie. Net om oor ’n maand te sê die waste is sooooo baie, kom ons bring verbranding terug, laaaang plan van die munisipaliteit. Dink die publiek kan nie dit sien nie.. Vullisverwydering kan reeds verbeter word in sekere gebiede. Indien private verwyderingsdienste verbied gaan word gaan vullisverwydering deur die muni­si­paliteit nog meer sukkel. Werkskepping word deur klein sakeondernemings bevorder; help hierdie ondernemings eerder as om hul werk weg te vat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.