Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Waar is Barry?

Die Paarlse sakeman, Barend “Barry” Oberholzer is steeds soek ná hy laasjaar versuim het om in die hof te verskyn.

Oberholzer het in die Bellville-handelshof tereg gestaan op 17 aanklagte wat wissel van bedrog tot oortredings ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, onder meer weens onreëlmatige sigaret-transaksies en klagte van uitstaande huurgelde. Die saak is tydelik teruggetrek totdat hy in hegtenis geneem word.

’n Lasbrief is vir dié doel uitgereik.

Oberholzer het hom in 2015 tot die Kaapse hooggeregshof gewend nadat hy aanvanklik in die Paarl-landdroshof borgtog geweier is.

Die hooggeregshof het sy aansoek om borgtog toegestaan en hom op R50 000 vrygelaat. Hy moes 29 Junie 2016 weer op die aanklagte teen hom verskyn maar het nie by die hof opgedaag nie.

Sy prokureur kon ook nie rekenskap gee oor waarom sy kliënt nie by die hof was nie.

Die saak is uitgestel tot 14 Julie, maar wéér het Oberholzer versuim om te verskyn. Daar word sedertdien na hom gesoek. Hy het glo ’n Suid-Afrikaanse sowel as ’n Amerikaanse paspoort.

Enigiemand met inligting oor waar hy hom bevind, kan die Valke by 021 918 3252 of Paarl-polisie by 021 807 4000.

* A warrant of arrest was issued last year for Paarl business man Barend Oberholzer after he failed to appear in court. He has been missing since .

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.