Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Waar ’n rokie trek . . .

Dit was een van daardie perfekte herfsdae. Die inwo­ners van die woonstel­blok The Towers in Paarl Hoof­straat het sommer vroeg al begin gereed maak vir ’n luilekker Sondag.

Binne enkele oomblikke het alles egter verander toe ’n brand in ’n woonstel op die derde verdie­ping ontstaan het.

Michael O’Shea, wat reg bo die verdoemde woonstel woon, sê hy het in sy sitkamer gaan sit om nuus op die televisie te kyk.

“Kort hierna het ek my seun gevra wat ruik soos iets wat brand. Ons kon nie dink wat dit kon wees nie, want niks was in ons woonstel fout nie.”

Die volgende oomblik het chaos uitgebreek toe hulle besef iets brand iewers.

“Skielik het rook deur die slaapkamervloer begin borrel. Ons het kopgehou en ons ID-dokumente, beursies en enige ander waardevolle items wat ons in ons arms kon pas gegryp en is so vinnig as moontlik daar uit.”

Kort op die O’ Shea’s se hak­ke was talle ander inwoners ook besig om hul woonstelle te ontruim.

O’Shea vertel kort nadat hulle besef het iets is fout, is The Towers se brandalarm geakti­veer en die sekerheidswagte het aan die deur geklop om inwoners te vra om die woonstelgebou te ontruim.

Die brandweer was vinnig op die toneel en teen omstreeks 09:00 is die brand geblus son­der dat dit verder deur die woonstelgebou versprei het.

Woonstel 343, waar die brand ont­staan het, is grotendeels vernie­tig. Die inwoners van die woon­stel was nie tuis nie.

Baie ander woonstelle op die derde verdieping het rook- en waterskade opgedoen.

Die volle omvang van die skade is nog nie bepaal nie.

Niemand is beseer nie.

O’Shea sê die hitte van onder af was so erg dat sy slaap­kamer­ se ruit gebars en die blindings gesmelt het.

Een woonstel se leefruimte het groot skade opgedoen deurdat dit heeltemal in die brand verwoes is.

Die burgemeester, Conrad Poole, is kort nadat nuus oor die brand versprei het, na die toneel ontbied waar hy aan Paarl Post vertel het hoe hy die brandweermanne en -vroue bewonder vir hul dapper pogings om hul lewe bykans daagliks te waag om ander te red.

’n Woordvoerder van die brandweer het gesê die oorsaak van die brand word nog ondersoek.

. Residents of The Towers flats in central Paarl had to flee from their homes early on Sunday morning when a fire broke out in one of the flats.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.