Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Waarheen vir plaaswerkers?

Meer as tien jaar later is die beloofde 300 huise wat vir plaaswerkers in Drakenstein gebou sou word steeds nie ’n werklikheid nie.

Drakenstein-munisipaliteit het reeds in 2008 bekend gemaak dat die grond langs Bolandpark-krieketstadion gebruik sal word om sowat 300 huise vir plaaswerkers te bou.

In 2014 het die vorige munisipale bestuurder gesê dat die vorige raad nooit enige geld beskikbaar gestel het vir die ontwikkeling van infrastruktuur wat benodig sou word om huise daar te bou nie.

Vyf jaar later sê die munisipaliteit by monde van Gerald Esau, sy uitvoerende direkteur vir gemeenskapsdienste, dat die beplanning en verkryging van ontwikkelingsregte vir die projek aan die gang is met moontlike implementering in die 2020/’21- boekjaar.

’n Stuk grond in die Nieuwedrift-omgewing is jare gelede al uitgewys as grond wat vir behuising vir plaaswerkers gaan dien, maar dié projek het ook nog nie begin nie.

Volgens Esau is die voorgestelde plaaswerkersnedersetting by Nieuwedrift destyds deur die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) beplan, en nie die Drakenstein-munisipaliteit nie.

Hy het verduidelik omdat die KWDM destyds nie behuisingsubsidies van die provinsiale departement van menslike nedersettings ontvang het nie, en as gevolg van die koste-implikasie om grootmaatinfrastruktuur te installeer, kon die projek nie voortgaan nie.

“Die grond is daarna aan die Drakenstein-munisipaliteit oorgeplaas. Die munisipaliteit se proses is aan die gang om te bepaal wat die mees geskikte gebruik vir die terrein sal wees en om te evalueer of die voorstel van die KWDM (om huise vir plaaswerkers te bou) ’n opsie sal wees om verder na te streef, onderhewig aan finansiering deur die nasionale/provinsiale regering,” het Esau gesê.

Dit is duidelik dat daar ná al die jare steeds nie ’n definitiewe antwoord is of behuising vir plaaswerkers wel op die grond langs die Bolandpark-krieket-stadion of in Nieuwedrift gaan kom nie.

In 2014 het Paarl Post berig dat die munisipaliteit sy behuisingstoekennings­beleid aangepas het sodat 20% van alle nuwe behuising aan plaaswerkers op die behuisingswaglys gegee word. Die werkers moet egter toesien dat hul name wel op die waglys is. Volgens die munisipaliteit is dit steeds die geval.• Die gesin wat 26 Maart uit hul huis op Windmeul Kelder gesit is ná ’n hofbevel hieroor, is steeds langs die R44 gestrand. Hulle is toe sak en pak uit hul huis by die kelder verwyder.

Die gesin het alternatiewe behuising, wat die Drakenstein-munisipaliteit by Orleanspark gereël het, geweier omdat hulle sê dit is te vol en dat dit onveilig is.

Intussen het Sinazo May (26), wat saam met haar ouers Alfred (58) en Sweetness (54) May op Windmeul Kelder grootgeword het, gesê hulle gaan nie trek nie omdat mense van hulle gaan vergeet.

Die saak het landwye media-aandag geniet, maar die vraag bly staan: Waarheen gaan mense wat uit hul huise gesit word?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.