Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wag voor biblioteek met mes gesteek

Die Paarl-biblioteek is deesdae een van die min plekke waar kinders en bejaardes in die openbaar kan ontspan sonder om vir hul lewe te vrees.

Ongelukkig blyk dit nie meer die geval nie. Dit nadat ’n veiligheidswag homself met boeke moes beskerm om sy lewe te red toe hy helder oor­dag voor die Paarl-biblioteek aangeval en met ’n mes gesteek is.

Paarl-polisiewoordvoerder, kapt. Louise du Plessis, sê die wag het Dinsdag 27 Augustus omstreeks 15:45 ’n man probeer stop wat boeke uit die biblioteek wou steel. Toe die veiligheidswag hom probeer keer, het die verdagte ’n mes uitgepluk en die wag verskeie kere in sy hande daarmee gesteek.

’n Woordvoerder van die Drakenstein-munisipaliteit, Gerald Esau, vertel die wag het snywonde aan sy hande opgedoen en moes 27 steke kry.

“Die aanval het by die in­gang van die biblioteek ge­beur,” vertel Esau.

Ná die aanval het die boeke-dief te voet gevlug. Hy word steeds gesoek. Die verdagte is blykbaar op kringtelevisie opgeneem. Du Plessis vra dat enigiemand met inligting oor die voorval en die verdagte die polisiekantoor by 079 894 1706 skakel. • A security guard on duty in front of the Paarl municipal library was stabbed in his hands after trying to stop a book thief. He had to receive 27 stitches after the attack.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.