Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wapenskoolhoof weer in die sop

’n Wellingtonse skoolhoof is weer in die nuus nadat hy deur die onderwysdepartement beveel is om ’n arsenaal vuurwapens uit die koshuis van die Hoërskool Hugenote in Wellington te verwyder.

Wikus Naudé, sy vrou en twee dogters woon in Huis Hugenote.

Volgens die onderwysdepartement het hy sy wapens verwyder, maar is hy opnuut aangespreek oor ’n windbuks wat glo steeds in sy besit was.

Millicent Merton, ’n woordvoerder van die onderwysdepartement, het Vrydag gesê Naudé is in Oktober gevra om die vuurwapens van die skoolterrein te verwyder.

Hy moes ook ’n verklaring indien dat hy geen vuurwapens in sy besit het nie, maar is kort daarna wéér getakel – dié keer oor die windbuks.

Volgens inligting het Naudé minstens agt vuurwapens in sy besit gehad, insluitend drie jaggewere, een haelgeweer, ’n Taurus 9 mm-pistool en ’n rewolwer.

Maar ingevolge die wet mag ’n gewone landsburger een vuurwapen vir beskerming en nog vier ander vuurwapens in sy of haar kluis hê.

’n Sportskut of jagter kan meer vuurwapenlisensies kry.

Die vuurwapens het ter sprake gekom in ’n forensiese ondersoek wat die departement by die skool gedoen het ná klagtes oor beweerde ongerymdhede by die skool.

Personeel en lede van die beheerraad is intensief ondervra.

In die gesprekke het ’n onderwyser die owerhede ingelig dat Naudé al met ’n vuurwapen op die skoolterrein gesien is.

Merton sê Naudé het bevestig dat die vuurwapens elders in veilige bewaring gehou word.

Sy sê alle skole in die Wes-Kaap moet seker maak dat hulle vuurwapenvrye sones is.

Navrae oor hierdie aangeleentheid is verwys na die departement van onderwys.

Naudé was in Februarie ook in die nuus toe hy ’n finale waarskuwing van die onderwysdepartement gekry het oor ’n “onbetaamlike” gesprek wat hy met twee leerlinge gehad het.

Foto’s is op sosiale media versprei waarop ’n meisie op ’n seun se skoot sit met sy hand hoog op haar been.

Toe Naudé hiervan hoor, het hy die twee glo een vir een na sy kantoor ontbied waar die “onbetaamlike” gesprek plaasgevind het.

Netwerk24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.