Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wat sê die munisipaliteit...?

In antwoord op van die klagtes uit die Wellington-gemeenskap by Woensdagaand se vergadering, het die munisipaliteit die volgende uitgereik:

Wellington is een van die sleuteldorpe in Drakenstein. Die munisipaliteit het kennis geneem van besorgdhede van die Wellington-gemeenskap oor spesifieke diensleweringsaangeleenthede, en ’n openbare vergadering op 6 Maart gehou om terugvoering aan die gemeenskap te gee.

Die doel van die vergadering was om die gemeenskap te verseker dat heelwat vordering met dienslewering gemaak en talle deurbrake die afgelope paar jaar behaal is, asook om die lig te werp op nuwe projekte wat in die pyplyn is vir Wellington, bv. ’n nuwe nagskuiling, opgegradeerde sakekern, begraafplaas-omheining in Champagnestraat, opgegradeerde verkeersentrum en splinternuwe afvalwaterwerke. (Sien voorlegging vir gedetailleerde inligting oor diensleweringsvordering en deurbrake.)

Die munisipaliteit bedank die gemeenskapslede wat tyd afgestaan het om die vergadering by te woon, en ons het geluister na hul besorgdhede oor veral onwettige optredes, drink in die openbaar, openbare onsedelikheid, rommelstrooiery, vullisverwydering, onwettige stortings en beskadiging en agteruitgang van infrastruktuur (veral begraafplase).

Die stelling van “bo blink en onder stink” is nie ’n algemene gevoel nie en is relevant tot twee aspekte:

• ’n Versoek vir verskerpte en gefokusde optrede teen rommelstrooiery in sekere gebiede. Die munisipaliteit erken dat daar ’n probleem is en sal uitvoering aan hierdie versoek gee, en

• Die private aansoeke vir die oprig van ’n varkslagtery en krematorium – albei aansoeke vereis dat nasionale en omgewingsregulasies nagekom moet word, studies van deskundiges moet ingedien word en ’n openbaredeelnameproses moet gevolg word. Die munisipaliteit is ’n belanghebbende party wat hier waghond speel en is nie die goedkeuringsowerheid nie.

Al die aangeleenthede waaroor die gemeenskap besorgd is, sal ondersoek word en planne en begrotings (waar moontlik) sal van stapel gestuur word om so veel as moontlik van hierdie aangeleenthede aan te pak. Ons sal in die munisipaliteit se begroting-en- geïntegreerde-ontwikkelingsplan (GOP) se openbaredeelnamesessies in April aan die Wellington-wyke hieroor terugvoering gee.

Die burgemeester, Conrad Poole, het weer eens bevestig dat die WTE-projek beëindig is, dat die munisipaliteit se geldsake in orde is en dat die munisipaliteit inderwaarheid verlede jaar deur die nasionale tesourie as een van die finansieel gesondste munisipaliteite in die land aangewys is.

Die doel van die video waarmee die vergadering geopen is, is om Drakenstein as ’n toeristebestemming te bemark en beleggers hierheen te lok.

’n Volledige studie oor die munisipaliteit se waterpypnetwerk is gedoen, en die vervanging en opgradering van pype word gedoen in samehang met die waternetwerkmeesterplan. Vervangings kry voorkeur na gelang van die ouderdom, onderbrekinginsidentfaktor en die beskikbaarheid van geld in die jaarlikse begroting.

Om af te sluit: Die munisipaliteit stel die rol wat ’n toegewyde gemeenskap speel in die identifisering van probleemgebiede en uitdagings hoog op prys, veral as hulle hierdie probleme direk by die munisipaliteit aanmeld by 080 131 3553 (tolvry) of customercare@drakenstein.gov.za.

Die Drakenstein-munisipaliteit en gemeenskap se doelwit bly dieselfde: Om ’n beter, meer uitnemende en vooruitstrewende Wellington en Drakenstein te bou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.