Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wees gewaarsku teen ‘bedrogspul’

Inwoners moet op hul hoede wees.

Die gemeenskap word gewaar­sku oor ’n groep vermeende swende­laars wat beweer dat hulle mense se “verlore” pensioengeld kan terugkry.

Die Opie Spoor-aksiegroep van Oudtshoorn was al tevore in die nuus met sy onwettige bedry­wig­hede. Na bewering was hulle die afgelope paar weke ook in Wellington en die Paarl doenig.

Die groep se modus operandi is dat Opie Spoor mense kan help wat voorheen iewers gewerk het om hul pensioengeld op te spoor.

Vir hierdie diens word R200 gevra. Telefoonoproepe word voor die slagoffers gemaak en hulle is dan oortuig binne ’n paar weke gaan hulle ’n lekker hopie geld ontvang van hul voormalige werkgewer. Hulle betaal dus sonder huiwering die R200 aan Opie Spoor.

Maar doelloos om te sê, hulle sien nooit enigiets van hul pensioen óf die R200 wat hulle betaal het nie.

Plaaswerkers, fabriekswerkers en veral oudspoorwegwerkers word geteiken.

Die Opie Spoor-aksiegroep gee selfs kwitansies uit vir mense wat hulle R200 betaal het om namens hulle hul “pensioengeld” te kry.

Hoewel Opie Spoor ’n kantoor in Oudtshoorn het, reis hy glo die hele Noord- en Wes-Kaap vol om kleiner dorpe met sy lieg­stories te teiken.

Vrae wat aan ’n e-posadres op die kwitansie gestuur is, is nie beantwoord nie.

’n Polisiewoordvoerder het gesê klagte is al ontvang oor die bedrywighede en die saak word verder ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.