Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wellington-onderwyseres beleef wonderlike ervaring

Die afgelope maande het verskeie jong Suid-Afrikaners in die nuus beland weens onvoldoende visums en werkpermitte in veral Asiatiese lande.

Van hierdie lands­burgers het in die tronk beland terwyl ander in die midder­nag­telike ure uit die land moes vlug.

Jaarliks word talle jong Suid-Afrikaners na die buiteland gelok – nie net met die gedagte aan avonture die vreemde nie, maar ook met beloftes van goed betaalde werksge­leenthede. Maar dikwels – weens skelm agente of die feit dat hulle nie hul huiswerk oor wettige vereistes om in vreemde lande te werk goed genoeg gedoen het nie, val die jongmense lelik in ’n strik.

Die gewildste tendens die afgelope paar jaar is juis om as Engels-onderwysers in Asiese lande te gaan werk.

Ongeag die negatiewe publisiteit wat hiermee gepaardgaan, is die Welling­tonner Deveney Manuel (23), ’n Engels-onderwyser in Hongkong, egter steeds van mening dat dit ’n wonderlike vasteland is om te bly en te verken.

Deveney het 2012 aan Hugenote Hoërskool matrikuleer. Hierna het sy haar graad in BA Internasionale studies aan die Universiteit Stellenbosch ontvang.

Sy was egter – nes talle ander jong mense – met graad en al onseker oor wat sy wou doen. “Ek het onsuksesvol begin werk soek en toe het ek na geleenthede oorsee begin kyk,” vertel sy.

Haar oorspronklike keuse was om in Suid-Korea te werk, maar toe word sy ’n geleentheid in Hongkong aangebied.

Deveney vertel, in teenstelling met Wellington is Hongkong op en wakker en daar is ’n oorvloed om te sien en doen.

“Winkels sluit saans eers 23:00 en ek hoef nie pal oor my skouer te kyk as ek laatnag huis toe gaan nie,” spot sy.

Maar Deveney is nie blindelings Hongkong toe nie en het eers deeglik navorsing hieroor gedoen.

Voordat sy haar vlug van 13 uur na Hongkong aangepak het, het sy eers deeglike navorsing oor haar beroepskool, gedoen, waar sy toe as ’n Engels-dosent onderrig gegee het.

Nou, twee jaar later, is sy by ’n leersentrum en nie by ’n skool nie. “Die kinders is tussen drie en 16 jaar oud en my klasse duur vir ’n uur en ’n half. Ek het ook net op die meeste vier kinders in my klas,” verduidelik sy.

Vir belangstellendes stel sy die maatskappy Prevention versus Cure voor. Hierdie organisasie sonder winsbejag se werk is om seker te maak dat potensiële werkgewers en hul werkaanbod wettig is.

Volgens Deveney is hierdie diens gratis en hul diens is van topgehalte.

“Ek het hierdie diens gebruik voordat ek my reis Hongkong toe begin het. Dit is veral goed vir mense wie se ouers ’n bietjie oortuiging nodig het. Hierdie maatskappy is in die Wes-Kaap geleë en voorkom mensehandel en swendelary.”

Deveney vertel: “Daar is ook vele webtuistes wat jou ’n beter prentjie gee oor ’n potensiële werkgewer.

“Glassdoor (my gunsteling) is ’n webtuiste waar vorige werknemers hul opinie oor hul werkgewers lewer. Dit gee ’n beter insig oor die werkgewer en wat jy kan verwag. Die enigste negatiewe om werk in Asië te soek is dat belangstellendes aan ’n universiteit moes studeer het.”

Behalwe ’n universiteitsgraad is ’n TEFL-kursus (Teaching English as a Foreign Language) ook ’n minimumvereiste.

Volgens haar stel dit jou in staat om oorsee Engels te gee.

“In Suid-Afrika is dit taamlik duur en is dit goedkoper om aanlyn te bekom. Daar is talle opsies beskikbaar wat elkeen se sak sal pas.”

Deveney se raad oor die beste lande in Asië om in te werk is Suid-Korea, China, Japan en Thailand. En nou, twee jaar later, geniet sy Hongkong, haar tydelike tuiste, steeds baie.

Hoewel Deveney nie ’n werwingsagent is nie, wil sy graag ander jong mense help met geleenthede om Engels oorsee aan te bied. Sy sal enigiemand gratis help wat hulp benodig. Om met haar in aanraking te kom, stuur ’n e-pos na deveneymanuel@gmail.com. • Wellingtonner gives advice and tells about her teaching job in Hong Kong.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.