Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Werkers skuld derduisende

Teen 30 April vanjaar was die uitstaande skuld van 397 werknemers van die Drakenstein-munisipaliteit altesaam R612 199.

En talle van hierdie werknemers versuim om die nodige reëlings te tref ingevolge die munisipaliteit se beleid hieroor.

Volgens die munisipaliteit se interne skuldbeleid mag ’n personeellid se skuld nie langer as drie maande agterstallig wees nie.

Artikel 10 van die gedragskode vir munisipale personeellede bepaal: “ ’n Personeellid van ’n munisipaliteit mag nie agterstallig wees aan die munisipaliteit vir tariewe en diensgelde vir ’n tydperk langer as drie maande nie, en ’n munisipaliteit kan enige uitstaande bedrae van ’n personeellid se salaris aftrek ná hierdie tydperk.”

Enige personeellid wat vir langer as drie maande agterstallig is en wat nie ’n ooreenkoms met die inkomsteafdeling onderteken het om die agterstallige bedrae te betaal nie, sal onderworpe wees aan tugstappe.

Maar min word na bewering deur die munisipaliteit gedoen om hierdie agterstallige geld in te vorder.

Seraj Johaar, ’n woordvoerder van die Drakenstein-munisipaliteit, het erken dat derduisende rande in munisipale skuld van hul werknemers uitstaande is.

Hy het gesê dat die munisipaliteit ’n daadwerklike poging aangewend het om dié skuld te bestuur sodat dit kan verminder en was baie suksesvol hiermee.

“Inwoners en werknemers is almal onderworpe aan dieselfde kredietbeheer­beleid en almal word dieselfde in dié verband behandel.

“Die meerderheid munisipale werknemers vorm deel van die laerinkomstesegmente van ons gemeenskap en staar dieselfde uitdagings in die gesig as inwoners met ’n soortgelyke huishoudelike inkomste. Die munisipaliteit tree hier proaktief op om te verseker dat alle skuld goed bestuur word en dat alle munisipale werknemers sowel as inwoners vir munisipale dienste betaal,” aldus Johaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.