Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Werklikheidsreeks se soektog verby

Nadat Suid-Afrikaners die afgelope tyd gewonder het wie die nuwe aanbieder van die werklikheidsreeks Boer soek ’n Vrou gaan wees, is die aankondiging onlangs gemaak dat Paarl se eie Marciel Hopkins dié rol gaan vervul.

Marciel (25), ’n oudleer­der aan Hoërskool Gimnasium Paarl, wat ook in 2016 een van die top12-finaliste in die Mej. SA-kompetisie was, is die sesde aanbieder van dié gewilde kykNET-pro­gram. Sy neem dié verantwoor­delikheid oor van die sangeres Leah wat die vorige twee reekse aangebied het.

“Ek is ongelooflik opgewonde daaroor om die nuwe aanbieder van Boer Soek ’n Vrou te wees. Om ’n aanbieder te wees, is iets waaroor ek nog altyd gedroom het toe ek in 2014 my BA-dramagraad by die Universiteit Stellenbosch voltooi het. Met my passie vir mense en sielkundige agtergrond, glo ek dat ek al die nodige vaardighede het om ’n goeie aanbieder te wees,” vertel dié model en lewens­afrigter.

Marciel het haar honneursgraad in sielkunde in 2015 voltooi, was prima­ria van haar koshuis en werk gereeld met verskillende internasionale spanne wanneer sy modelwerk doen. “So, ek het die afgelope vyf jaar al baie mensekennis opgedoen.

“Ek sien uit daarna om vriendskapsbande te smee met die span, waarmee ek gaan werk, die boere wat ek gaan ontmoet en al die mense met wie ek in aanraking gaan kom met die nuwe reis. Ek was nog altyd ’n ekstrovert. Ek het die afgelope vier jaar gereeld Europa toe gereis vir modelwerk, maar ek sien ook nou daarna uit om ’n toeris te wees in my eie land. Ek gaan dorpies en plase sien wat ek dalk nooit andersins sou nie,” vertel Marciel.

Sy erken dat dit ’n groot verant­woordelikheid is om die nuwe aanbieder van Boer Soek ’n Vrou te wees.

“Daar is gesonde druk om ’n sukses daarvan te maak, maar dit is vrek opwindend om te dink dat ek gaan deel wees van ’n proses wat mense se lewe kan verander. Ek moedig alle boere aan om vir die nuwe seisoen in te skryf.”

Vanjaar word die 13de reeks van Boer soek ’n Vrou uitgesaai en inskrywings vir die volgende reeks sluit 21 Maart.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.