Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Werksbelofte’ lei na dood

Die Wellington-polisie het vandeesweek Johan Williams (42) van Wellington in hegtenis geneem nadat die liggaam van ’n vrou gevind is.

Chantell Matthysen (21) is Woensdag 27 Junie as vermis by die Wellington-polisiekan­toor aangemeld.

Volgens haar ma, Carol Petersen, het Matthysen 23 Junie met ’n trein van Kuilsrivier na Wellington vir ’n werkonderhoud gereis. Dié onderhoud is glo deur Williams se vrou gereël.

“Hy is ’n familievriend van ons en hy het vir haar gesê sy vrou het vir haar ’n werk­geleentheid as ’n verpakker by ’n wynplaas op die Bo-Hermonpad buite Wellington,” het Petersen verduidelik.

Volgens Petersen het haar dogter haar die Saterdagaand laat weet sy het veilig in Wellington aangekom en die vriend het haar reeds op die stasie ontmoet.

“Sy het my weer gebel toe hulle by sy wendyhuis in Weltevrede aangekom het. Sy het my vertel die kamer het ’n bed wat baie soos haar eie bed lyk, maar sy sal op die rusbank moet slaap,” het Petersen gesê.

Volgens Petersen was die vriend se vrou nie tuis nie.

“Hy het vir my dogter gesê sy vrou se ouma is glo oorlede en sy moes Citrusdal toe gaan vir haar afsterwe,” het sy vertel.

Petersen het gesê sy het onraad vermoed toe sy later ’n boodskap van Matthysen van die vriend se selfoon af in “hoë-Afrikaans” gekry het.

“My dogter was Engels­sprekend en sou nie die woord ‘behulpsaam’ gebruik nie.”

Hierna kon sy en haar man nie weer vir Matthysen in die hande kry nie en hulle het na Wellington gereis op soek na hul dogter.

Met hul aankoms Dinsdag 26 Junie by die vriend se huis wou hy hulle glo nie binne laat nie en het toe gevlug.

Die polisie is Woensdag 27 Junie na die vriend se woning toe en het dit deursoek. Hiér het hulle die klere wat Matthysen laas aangehad het, gevind.

’n Grootskaalse soektog na Matthysen is ná dié ontdekking van stapel gestuur.

Die vriend is opgespoor en nadat hy hieroor deur die polisie ondervra is, het hy na bewering vir hulle na ’n plaas geneem waar hy Matthysen se lyk aan hulle uitgewys het.

Polisiewoordvoerder sers. Noloyiso Rwexana het bevestig dat haar lyk Dinsdagmiddag (2 Julie) onder boomtakke op ’n plaas gevind is.

“Die omstandighede rakende die voorval word steeds ondersoek,” het Rwexana voorts gesê.

Matthysen is met ’n tou verwurg.

Williams is Maandag (2 Julie) in verband met Matthysen se moord in hegtenis geneem.

Matthysen was die ma van ’n driejarige seuntjie.


. Williams het Woensdag 4 Julie in die Wellington-landdroshof op aanklag van moord verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.