Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Word só deel van 57e Bergrivier-kanomarathon

Die legendariese Bergrivier-kanomarathon skop volgende Woensdag die 57ste keer in die Paarl af.

En vanjaar, ter ere aan die nalatenskap van die destydse president en vryheidsvegter Nelson Mandela, word die Bergrivier-kanomarathon aan hom opgedra.

Vanjaar word eeufeesvieringe wêreldwyd gehou om die geboorte van Madiba 100 jaar gelede te vier.

“Die bestuurskomitee van die Bergrivier-kanomarathon het besluit dit is paslik om vyf Nelson Mandela-eeufees­vryheidswandelings tussen 11 Julie en 14 Julie aan te bied.

“Al hierdie pretlope sal by verskillende skofeindpunte van die Bergrivier-kanomarathon eindig waar toeskouers die roeiers in die marathon ná elke skof kan sien inkom,” sê André Collins, voorsitter van die bestuurskomitee.

“Ons het toestemming by die Nelson Mandela-stigting gekry om hul amptelike logo te gebruik en verskeie toerisme-organisasies, sportklubs, jeuggroepe en talle skole sal aan die wandelings deelneem.

“Vervoer en kospakkies sal aan die skoolkinders in afgeleë gebiede soos Hermon, Goedverwacht, Wittewater, en Broodkraal voorsien word.

“Elke deelnemer sal ’n spesiaal ontwerpte gedenkwaardige vryheidspadmedalje ontvang nadat die wandeling voltooi is,” voeg hy by.

Inskrywing is gratis en elke deelnemer ontvang ’n polsbandjie met ’n noodnommer aan die begin en ruil dit aan die einde vir ’n medalje.

“Ons bedank graag Wesgro en die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit wat dit alles met hul finansiële bydraes moontlik gemaak het,” sê Collins.

Die beplande vyf wandelings is:

. 11 Julie, 8:00, Paarl Arboretum, 2,5/5 km (hierdie stap eindig net betyds sodat die stappers die kanovaarders van die Markstraat-brug af sterkte vir die marathon kan toewens;

. 11 Julie, 10:00, Rondeheuwel Primêr Hermon na die Du Vlei-plaasstal, 2,5 km;

. 13 Julie, 10:00, Carl Schreve Primêr Wittewater na Moravia, 3 km;

. 13 Julie, 10:30, Broodkraal Laerskool na Moravia, 2 km; en

. 14 Julie, 9:00, Velddrif Carinusbrug na Bokkomlaan, 4 km.

Nog inligting oor die
Vryheidstaptogte kan gevind word op die Facebook-bladsy by https://www.facebook.com/events/179745089360441/
.
Die 57ste Bergrivier-kanomarathon begin Woensdag 11 Julie by die Markstraatbrug in die Paarl en eindig Saterdag 14 Julie – 240 km en vier dae later – in Velddrif.

Drakenstein se uitvoerende burgemeester, Conrad Poole, sal die marathon amptelik afsit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.